Cambridge-5: Verskil tussen weergawes
Besig |
Besig |
||
Lyn 37: | Lyn 37: | ||
In 1961 is die vinger weer na Philby gewys. Kort daarna het hy na die Sowjetunie oorgeloop. Vir die eerste sewe jaar in Moskou was Philby prakties in huisarres omdat die Sowjette bang was hy sou probeer teruggaan na die Weste. Volgens 'n artikel in ''The New York Times'' het hy geen rang of kantoor gehad nie. Hy is geïgnoreer . . . "en dit het sy lewe verwoes".<ref>{{cite web |url=https://www.nytimes.com/1994/07/10/magazine/kim-philby-and-the-age-of-paranoia.html |title=Kim Philby and the Age of Paranoia|date=10 July 1994 |work=The New York Times |access-date=1 January 2021 }}</ref> Ná sy dood het die Sowjette hom egter met 'n paar medaljes vereer.<ref>{{cite web |url=https://www.independent.co.uk/news/world/europe/kim-philby-moscow-square-double-agent-spy-kgb-mi6-cambridge-spy-ring-a8626476.html |title=Moscow square named after notorious British double agent Kim Philby |date=9 November 2018 |work=The Independent |access-date=1 January 2021 }}</ref> |
In 1961 is die vinger weer na Philby gewys. Kort daarna het hy na die Sowjetunie oorgeloop. Vir die eerste sewe jaar in Moskou was Philby prakties in huisarres omdat die Sowjette bang was hy sou probeer teruggaan na die Weste. Volgens 'n artikel in ''The New York Times'' het hy geen rang of kantoor gehad nie. Hy is geïgnoreer . . . "en dit het sy lewe verwoes".<ref>{{cite web |url=https://www.nytimes.com/1994/07/10/magazine/kim-philby-and-the-age-of-paranoia.html |title=Kim Philby and the Age of Paranoia|date=10 July 1994 |work=The New York Times |access-date=1 January 2021 }}</ref> Ná sy dood het die Sowjette hom egter met 'n paar medaljes vereer.<ref>{{cite web |url=https://www.independent.co.uk/news/world/europe/kim-philby-moscow-square-double-agent-spy-kgb-mi6-cambridge-spy-ring-a8626476.html |title=Moscow square named after notorious British double agent Kim Philby |date=9 November 2018 |work=The Independent |access-date=1 January 2021 }}</ref> |
||
===Anthony Blunt=== |
|||
Anthony Blunt was 'n opsiener van die koning en later koningin se portrette. Hy was lid van die MI5 en het, terwyl hy geheime inligting aan die Sowjetunie verskaf het, ook mede-agente gewaarsku as gevaar gedreig het.<ref>{{Cite web|url=https://www.britannica.com/biography/Anthony-Blunt|title=Anthony Blunt {{!}} British art historian and spy|website=Encyclopedia Britannica|language=en|access-date=2019-04-19}}</ref> |
|||
In 1964 het MI5 inligting van die Amerikaner Michael Whitney Straight ontvang dat Blunt 'n spioen is. Hulle het mekaar sowat 30 jaar tevore op Cambridge geken en Blunt het Straight as 'n spioen gewerf. Blunt is deur MI5 ondervra en het skuld beken op voorwaarde van immuniteit teen vervolging. Hy het teen dié tyd geen toegang tot geheime inligting gehad nie en immuniteit is dus aan hom toegeken. Teen 1979 is Blunt in die openbaar daarvan beskuldig dat hy 'n Sowjetagent is, in die boek ''Climate of Treason'' deur die ondersoekende joernalis Andrew Boyle. In November 1979 het premier [[Margaret Thatcher]] aan die Britse Laerhuis erken dat Blunt 15 jaar voorheen erken het hy was 'n Sowjetspioen. |
|||
Blunt het sy [[memoires]] geskryf, maar bepaal dit mag eers 25 jaar ná sy dood gepubliseer word. Die [[Britse Museum]] het dit in 2009 bekend gemaak. Volgens die manuskrip was hy jammer dat hy inligting aan die Sowjette verskaf het oor die manier waarop dit sy lewe beïnvloed het, het hy geglo die Britse regering sal nooit sy verraad onthul nie en het hy gedink [[selfmoord]] is "lafhartig".<ref>{{cite web |url=https://www.theguardian.com/world/2009/jul/23/blunt-soviet-spy-memoir |title=Anthony Blunt memoir reveals spy's regret at 'the biggest mistake of my life' |date=24 July 2009 |work=The Guardian |access-date=1 January 2021 }}</ref> Die historikus Christopher Andrew voel Blunt se spyt is maar effentjies en hy sien 'n "onwilligheid om die euwel te erken wat hy gepleeg het deur vir Stalin te spioeneer".<ref>{{cite web |url=https://www.nytimes.com/2009/07/24/world/europe/24blunt.html#:~:text=CAMBRIDGE%2C%20England%20%E2%80%94%20After%20keeping%20it,1930s%2C%20as%20%E2%80%9Cthe%20biggest%20mistake |title=Memoirs of British Spy Offer No Apology|date=23 July 2009 |work=The New York Times|access-date=1 January 2021 }}</ref> |
|||
==Verwysings== |
==Verwysings== |
Wysiging soos op 11:38, 7 Mei 2022
Die Cambridge-spioenasie-ring was 'n groep spioene in die Verenigde Koninkryk wat tydens die Tweede Wêreldoorlog inligting aan die Sowjetunie verskaf het. Hulle was van die 1930's tot minstens in die vroeë 1950's aktief. Nie een van die bekende lede is ooit weens spioenasie vervolg nie. Die getal en ledetal van die groep het van die 1950's af mettertyd bekend geraak.[1]
Die algemene publiek het die eerste keer van hulle bestaan bewus geraak nadat Donald Maclean (kodenaam: Homer) en Guy Burgess (kodenaam: Hicks) in 1951 skielik na die Sowejetunie oorgeloop het. Harold "Kim" Philby (kodenaam: Sonny, Stanley) het dadelik onder verdenking gekom en het in 1963 eindelik uit die land gevlug. Nadat Philby gevlug het, het Britse intelligensie 'n skulderkenning verkry van Anthony Blunt (kodenaam: Tony, Johnson) en daarna John Cairncross (kodenaam: Liszt), wat beskou is as die laaste twee lede van die groep van vyf. Hulle betrokkenheid is jare lank geheim gehou: tot 1979 vir Blunt en 1990 vir Cairncross. Die bynaam Cambridge-4 het in die Cambridge-5 verander nadat Cairncross bygevoeg is.[1]
Die term "Cambridge" verwys na die werwing van die groep tydens hulle studie in die 1930's aan die Universiteit van Cambridge. Daar word gedabetteer oor die presiese tyd dat Sowjet-intelligensie hule gewerf het. Blunt het beweer dit was eers nadat hulle klaar studeer het. Blunt was 'n fellow van Trinitykollege en verskeie jare ouer as Burgess, Maclean en Philby; hy het moontlike spioene uitgeken en as werwer gedien.[2]
Al vyf lede van die groep was daarvan oortuig dat die Marxisme-Leninisme van die Sowjetse kommunisme die beste beskikbare politieke stelsel is en veral die beste verdediging teen die opkoms van fascisme. Almal het suksesvolle loopbane in die Britse regering gehad. Hulle het groot hoeveelhede inligting na die Sowjetunie deurgegee: in so 'n mate dat die KGB begin bekommerd raak het dat minstens 'n deel daarvan moontlik vals is. Dalk net so belangrik soos die inligting wat hulle bekend gemaak het, was die demoraliserende uitwerking wat hulle stadige ontmaskering op die Britse establishment gehad het, en die wantroue in Britse sekuriteit wat dit in die VSA veroorsaak het.
Baie ander is ook al daarvan beskuldig dat hulle lede van die Cambridge-ring was, want Blunt en Burgess was albei lede van die "Cambridge-apostels", 'n eksklusiewe geheime organisasie by die Universiteit van Cambridge.
Lidmaatskap
Die vyf mans hier onder het intelligensie aan die Sowjetunie verskaf onder beheer van Joeri Modin, wat later na die Weste oorgeloop het. Modin het gesê Moskou het nie eintlik die Cambridge-5 in die Tweede Wêreldoorlog vertrou nie. Die KGB wou nie glo hulle het toegang tot hoogs geheime dokumente nie; hulle het veral vir Philby gewantrou en gewonder hoe hy 'n agent kon word ondanks sy kommunistiese verlede. Volgens 'n latere verslag is "sowat die helfte van die dokumente" wat die Britse spioene na Moskou gestuur het, weens die paranoia nooit gelees nie.[3] Tog het die Sowjetunie tussen 1941 en 1945 baie geheime inligting wel aanvaar: 1 771 dokumente van Blunt, 4 605 van Burgess, 4 593 van MacLean en 5 832 van Cairncross.[4]
Donald Maclean en Guy Burgess
Donald Maclean was 'n Britse diplomaat wat in die vroeë 1930's aan Cambridge studeer het, waar hy Guy Burgess ontmoet het. Burgess was ook 'n Britse diplomaat. Hulle is albei deur Sowjet-intelligensie gewerf as geheime agente vir die Sowjetunie. Maclean het in 1934 inligting aan die USSR begin verskaf as lid van die Britse departement van buitelandse sake. Kort daarna, in 1936, het Burgess ook aan die Sowjette inligting begin verskaf uit sy posisie as BBC-korrespondent tot in 1938, daarna as aktiewe lid van MI6-intelligensie tot in 1941, en eindelik as lid van die Britse departement van buitelandse sake tot in 1944.[5]
Maclean en Burgess het gou bekend geraak as die "hopelose dronkaards" vanweë die feit dat dit vir hulle moeilik was om stil te bly oor hulle geheime operasies. Eenkeer, toe Burgess hoogs dronk 'n kroeg verlaat het, het hy per ongeluk 'n geheime dokument van die departement van buitelandse sake laat val en byna sy geheime identitetit ontbloot. Maclean het vir sy familie en vriende vertel van sy geheime verpligtinge. Tog het albei voortgegaan on inligting te verskaf.
Vroeg in die somer van 1951 het Burgess en Maclean internasionale koerantopskrifte gehaal omdat hulle verdwyn het.[6] Dit het ná 'n ruk geblyk die vermoede dat hulle na die Sowjetunie oorgeloop het, is korrek. Dit het eers in 1956 algemeen bekend geraak toe die twee op 'n nuuskonferensie in Moskou verskyn. 'n Lasbrief vir hulle arres is eers in 1962 uitgereik.[7]
Philby het gou die hoofverdagte geword vanweë sy noue verbintenis met Burgess. Baie mense het gegis dat as dit nie vir Burgess was nie, Philby die suksesleer by MI6 nog veel hoër sou geklim het.[8]
Tussen 1934 en 1951 het Maclean verskeie geheime aan Moskou verskaf. Dat dit nie ontdek is nie, was hoofsaaklik weens die weiering van die geheime diens om na waarskuwings van die VSA te luister, "selfs nadat die FBI tydens die oorlog vasgestel het 'n agent met die kodenaam Homer is werksaam in die Britse ambassade in Washington", volgens 'n resensie van MacLean se biografie (in 2018) deur die skrywer Roland Philipps.[9]
In 2019 het Rusland Burgess en Maclean in 'n seremonie vereer met 'n gedenkplaat teen die gebou waar hulle in die 1950's gebly het. Hulle is ook in die sosiale media geprys vir die verskaffing "vir langer as 20 jaar" van belangrike inligting aan die Sowjetunie wat gehelp het "in die bevegting van fascisme, die beskerming van ons strategiese belange en die versekering van die veiligheid van ons land".[10] Stalin's Englishman: The Lives of Guy Burgess is 'n biografie van Burgess wat beweer hy was dalk die invloedrykste van die Cambridge-5.
Harold "Kim" Philby
Harold "Kim" Philby was 'n senior amptenaar in Brittanje se geheime intelligensiediens, bekend as MI6. Hy het in 1934 'n spioen vir die Sowjetunie geword. Hy het 54 jaar lank vir die KGB gewerk en het in dié tyd meer as 900 Britse dokumente aan die KGB deurgegee.
Toe Philby ondersoek word, is verskeie verdagte sake gevind, maar niks waarvoor hy vervolg kon word nie. Hy is egter gedwing om uit MI6 te bedank. In 1955 is hy in die pers genoem as hoofverdagte vir "die Derde Man", en vrae is ook in die Britse laerhuis geopper. Hy het 'n nuuskonferensie gehou om die bewerings te ontken. In dié jaar is Philby onskuldig verklaar nadat die Britse minister van buitelandse sake, Harold Macmillan, hom van alle klagte onthef het.[11]
Later in die 1950's het hy as joernalis in die Midde-Ooste begin werk vir The Economist en The Observer. MI6 het hom in min of meer dié tyd ook heraangestel om vir hulle verslae uit dié streek te stuur.
In 1961 is die vinger weer na Philby gewys. Kort daarna het hy na die Sowjetunie oorgeloop. Vir die eerste sewe jaar in Moskou was Philby prakties in huisarres omdat die Sowjette bang was hy sou probeer teruggaan na die Weste. Volgens 'n artikel in The New York Times het hy geen rang of kantoor gehad nie. Hy is geïgnoreer . . . "en dit het sy lewe verwoes".[12] Ná sy dood het die Sowjette hom egter met 'n paar medaljes vereer.[13]
Anthony Blunt
Anthony Blunt was 'n opsiener van die koning en later koningin se portrette. Hy was lid van die MI5 en het, terwyl hy geheime inligting aan die Sowjetunie verskaf het, ook mede-agente gewaarsku as gevaar gedreig het.[14]
In 1964 het MI5 inligting van die Amerikaner Michael Whitney Straight ontvang dat Blunt 'n spioen is. Hulle het mekaar sowat 30 jaar tevore op Cambridge geken en Blunt het Straight as 'n spioen gewerf. Blunt is deur MI5 ondervra en het skuld beken op voorwaarde van immuniteit teen vervolging. Hy het teen dié tyd geen toegang tot geheime inligting gehad nie en immuniteit is dus aan hom toegeken. Teen 1979 is Blunt in die openbaar daarvan beskuldig dat hy 'n Sowjetagent is, in die boek Climate of Treason deur die ondersoekende joernalis Andrew Boyle. In November 1979 het premier Margaret Thatcher aan die Britse Laerhuis erken dat Blunt 15 jaar voorheen erken het hy was 'n Sowjetspioen.
Blunt het sy memoires geskryf, maar bepaal dit mag eers 25 jaar ná sy dood gepubliseer word. Die Britse Museum het dit in 2009 bekend gemaak. Volgens die manuskrip was hy jammer dat hy inligting aan die Sowjette verskaf het oor die manier waarop dit sy lewe beïnvloed het, het hy geglo die Britse regering sal nooit sy verraad onthul nie en het hy gedink selfmoord is "lafhartig".[15] Die historikus Christopher Andrew voel Blunt se spyt is maar effentjies en hy sien 'n "onwilligheid om die euwel te erken wat hy gepleeg het deur vir Stalin te spioeneer".[16]
Verwysings
- ↑ 1,0 1,1 "BBC - History - Historic Figures: The Cambridge Spies". www.bbc.co.uk (in Engels (VK)). Besoek op 2 Maart 2021.
- ↑ The fourth man speaks: Last testimony of Anthony Blunt The Independent McSmith, Andy. 23 Julie 2009.
- ↑ "The Spy Game Was a Con Game". Baltimore Sun. 28 November 2014. Besoek op 30 Desember 2020.
- ↑ "Enigma Anthony Blunt devoted his life to art—and espionage". New Yorker. 6 Januarie 2002. Besoek op 31 Desember 2020.
- ↑ "Guy Burgess | British diplomat and spy". Encyclopedia Britannica (in Engels). Besoek op 19 April 2019.
- ↑ Turner, Lauren (23 Oktober 2015). "Cambridge spies: Defection of 'drunken' agents shook US confidence".
- ↑ "Notorious spies fled the country through city port". Daily Echo. 20 Desember 2010. Besoek op 31 Desember 2020.
- ↑ The Philby Files deur Genrikh Borovik, red. Phillip Knightley. Little, Brown and Company. 1994
- ↑ "A Spy Named Orphan: The Enigma of Donald Maclean – review". The Guardian. 28 April 2018. Besoek op 30 Desember 2020.
- ↑ "Russia honours two of Britain's 'Cambridge Five' spies". The Guardian. 29 Desember 2019. Besoek op 30 Desember 2020.
- ↑ Kendrick, M. Gregory (2016). Villainy in Western culture : historical archetypes of danger, disorder and death. Jefferson, NC. ISBN 978-0786498680. OCLC 933590602.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer (link) - ↑ "Kim Philby and the Age of Paranoia". The New York Times. 10 Julie 1994. Besoek op 1 Januarie 2021.
- ↑ "Moscow square named after notorious British double agent Kim Philby". The Independent. 9 November 2018. Besoek op 1 Januarie 2021.
- ↑ "Anthony Blunt | British art historian and spy". Encyclopedia Britannica (in Engels). Besoek op 19 April 2019.
- ↑ "Anthony Blunt memoir reveals spy's regret at 'the biggest mistake of my life'". The Guardian. 24 Julie 2009. Besoek op 1 Januarie 2021.
- ↑ "Memoirs of British Spy Offer No Apology". The New York Times. 23 Julie 2009. Besoek op 1 Januarie 2021.
Skakels
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.