[go: nahoru, domu]

Gaan na inhoud

Ludwig van Beethoven: Verskil tussen weergawes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Content deleted Content added
EmausBot (besprekings | bydraes)
k r2.7.3) (robot Bygevoeg: lez:Людвиг ван Бетховен
EmausBot (besprekings | bydraes)
k r2.7.3) (robot Verwyder: diq:Ludwig van Beethoven
Lyn 79: Lyn 79:
[[da:Ludwig van Beethoven]]
[[da:Ludwig van Beethoven]]
[[de:Ludwig van Beethoven]]
[[de:Ludwig van Beethoven]]
[[diq:Ludwig van Beethoven]]
[[el:Λούντβιχ βαν Μπετόβεν]]
[[el:Λούντβιχ βαν Μπετόβεν]]
[[en:Ludwig van Beethoven]]
[[en:Ludwig van Beethoven]]

Wysiging soos op 06:58, 16 Desember 2012

Ludwig van Beethoven (1770–1827); Skildery van Joseph Karl Stieler, 1820
Ludwig van Beethoven se handtekening
Ludwig van Beethoven Standbeeld in Regensburgse Walhalla

Ludwig van Beethoven (16 Desember 1770 - 26 Maart 1827), (* Bonn, Duitsland, † Wenen, Oostenryk) was 'n Duitse komponis en pianis. Hy word geag as 'n belangrike figuur van die oorgangstydperk tussen die Klassieke en Romantiese eras in die Westerse klassieke musiek en hy bly steeds een van die mees bekende en invloedryke komponiste van alle tye.

Ludwig van Beethoven het in Bonn groot geword en het na Wenen verhuis in sy vroeë twintagerjare waar hy by Franz Joseph Haydn geleer het. Beethoven se gehoor het begin verswak in die laat 1790's, maar hy het steeds aangehou om musiek te komponeer, om te diregeer en om optredes te lewer, selfs nadat hy heeltemal doof geraak het.

Biografie

Beethoven was die kleinseun van 'n Vlaamse musikus genaamd Lodewijk van Beethoven (1712–1773). Beethoven is na sy oupa vernoem aangesien Lodewijk die Nederlandse ekwivalent vir die Duitse Ludwig is. Beethoven se Oupa het gewerk as 'n bassanger in Keulen, maar het later kappelmeester geword. Hy het een seun, Johann van Beethoven (1740–1792), gehad wat gewerk het as 'n tenoor. Beethoven se pa het klavier- en vioollesse gegee om sy inkomste aan te vul. Johann is met Maria Magdalena Keverich getroud in 1767; sy was die dogter van Johann Heinrich Keverich.

Beethoven is gebore in Bonn. Hy is gedoop tydens 'n Rooms-Katolieke diens op 17 Desember 1770 en is heel waarskynlik die vorige dag gebore, dus op 16 Desember. Kinders is tydens die era gedoop die dag na geboorte. Dit is ook alom bekend dat Beethoven se familie en sy leraar Johann Albrechtsberger sy verjaarsdag op die 16de Desember gevier het. Alhoewel die bewyse die argument dat Beethoven op die 16de Desember gebore is staaf, kan dit egter nie met sekerheid gesê word nie aangesien daar geen dokumentêre bewyse hiervoor bestaan nie (net 'n deel van die rekord het tot vandag behoue gebly). Van die sewe kinders wat vir Johann van Beethoven gebore is, het net die tweedegeborene, Ludwig, en twee jonger broers hul kinderjare oorleef. Caspar Anton Carl is gebore op die 8ste April 1774 en Nikolaus Johann, die jongste, is op die 2de Oktober 1776 gebore.

Beethoven se eerste musiekonderwyser was sy pa, Johann, gewees. Die tradisionele siening oor Johann is dat hy 'n harde onderwyser was en dat Beethoven as gevolg hiervan "gedwing is om voor die klavier te staan, meestal in trane". Maar, the New Grove dui aan dat daar geen soliede dokumentêre bewyse hieroor bestaan nie en dat "spekulasie en mietes beide produktief was". Beethoven het ander plaaslike onderwysers gehad, onder andere die hof se orrelis Gilles van den Eeden (d. 1782), Tobias Friedrich Pfeiffer ('n famlie vriend wat Beethoven die klavier leer speel het), en 'n familielid, Franz Rovantini (viool). Sy musikale talent het reeds van vroeg af geblyk. Johann, wie bewus was van Leopold Mozart se sukses in hierdie area, het gepoog om sy seun te eksploiteer. Hy het onder andere op plakkate gesê dat sy seun 6 is (terwyl hy inderdaad 7 was) vir Beethoven se eerste publieke optrede in Maart 1778.

Na 1779 het Beethoven begin om te leer by sy belangrikste onderwyserr in Bonn, Christian Gottlob Neefe. Christian is gedurende daardie jaar aagewys as die Hof se Orrelis. Neefe het Beethoven leer komponeer en het Beethoven ook gehelp om in 1783 sy eerste komposisie (WoO63)te publiseer. Beethoven het daarna saam met Neefe begin werk, as assistent orrelis, eers op 'n onbetaalde basis (1781) en daarna as 'n betaalde werknemer(1784) van die Hof se kappel waarvan die diregent Andrea Luchesi was. Sy eerste klavier sonatas, genaamd "Kurfürst" ("Keurvors") as deel van hul bydrae vir Maximilian Frederick, is in 1783 gepbliseer. Maximilian Frederick, wie in 1784 gesterf het, het nie lank na Beethoven se aanstelling as assistent orrelis, Beethoven se talent opgemerk en het die jong Beethoven se studies gesubsideer en aangemoeding.

Maximilian Frederick se opvolger as Keurvorstelike van Bonn was Maximilian Franz gewees. Hy was die jongste seun van die Keiserin Maria Theresa van Oostenryk gewees. Maximilian Fanz het opmerkbare veranderinge aan Bonn aangebring. Veranderinge wat deur sy broer in Wenen aangebring is, is deur Frans nageboots, hy het hervormings aangebring wat gemik was daarop om mense in te lig met verhoogde ondersteuning vir onderwys en die kunste. As tiener is Beethoven amper sekerlik deur die veranderinge beïnvloed. Hy is ook moontlik gedurende die tyd sterk beïnvloed deur idees wat vernaam was in Vrymesselaary, aangesien Neefe en ander rondom Beethoven lede van die plaaslike Illuminati was.

In 1787 het Beethoven na Wenen gereis, waar hy voor Mozart gespeel het. Sy moeder se siekte het hom egter tot terugkeer gedwing. Sy is kort daarna oorlede en die sorg vir die gesin het grotendeels op hom gerus. Hy het altis aan die Weense teater geword en het ook as kerkorrelis gewerk. Kennismaking met die jong graaf Waldstein het hom in 1792 weer na Wenen laat terugkeer om onder Haydn te studeer.

Beethoven het egter nie van laasgenoemde se onderrig gehou nie en het vir lesse na Albrechtsberger en Salieri gegaan. Hy het spoedig bekendheid verwerf as klavierspeler en ook as gevolg van sy kwistige lewenswyse. Hy het nou in die kringe van aristokratiese families soos Lichnowsky, Von Brunswick, Van Swieten en nog vele ander beweeg. In 1800 het Lichnowsky hom 'n jaargeld van 600 gulde toegeken. Hul verhouding is wel in 1806 tydelik onderbreek, maar toe Beethoven in 1808 'n aanbod kry van koning Jérôme van Wesfalen, het die vorste Lobkowitz en Kinsky hul verbind tot 'n lewenslange jaargeld van 4 000 gulde. In 1815, ná die dood van een van sy broers, het Beethoven die voog van sy neef Karl geword.

Ludwig van Beethoven se Geboortehuis in Bonn

Intussen is Beethoven getref deur steeds toenemende hardhorendheid wat ten slotte in volslae doofheid oorgegaan het. Bowendien het die sorg vir sy neef hom gekwel. 'n Hofgeding in 1820 het wel in Beethoven se voordeel geëindig, maar Karl het hom met ondankbaarheid beloon. Verskeie ander sake het gehelp om sy gesondheid te ondermyn en sedert September 1826 was hy ernstig siek. Op 26 Maart 1827 is hy oorlede en daarna begrawe in die Wahringer Friedhof, maar in 1888 is sy oorskot na die Zentralfriedhof oorgebring, waar dit rus langs dié van Franz Schubert.

Beethoven behoort - net soos J S Bach en Mozart - tot die grootste meesters in die musiekwêreld. Bowenal is hy tot vandag die ongeëwenaarde meester van die instrumentale kuns (met nie minder nie as nege simfonieë vir orkes en kamermusiek). Sy styl het langsaam ontwikkel. In sy jeugwerke, wat nog grotendeels afhanklik van Haydn en Mozart was, het sy styl in sy eerste periode (1792 - ca 1800) reeds 'n baie persoonlike inslag gekry. Via 'n onrustige oorgangstydperk en die klassisisme van sy tweede periode (ca 1800-1817) het dit ontwikkel tot die deels pre-romantiese, deels abstrak-asketiese kuns van sy derde periode (1817-1827).

Namate sy idees groter geword het, het hy die oorgelewerde vorme uitgebrei. Sy doofheid het daartoe bygedra dat hy hom volkome aan sy eie visioene kon oorgee en dit omskep in 'n Eroïca of Missa Solemnis. Een nadeel was egter dat hy weinig voeling kon hou met tegniek, veral dié van die sangstem, met die gevolg dat hy vokaal soms prakties byna onuitvoerbare fragmente geskryf het (onder meer die slotkoor van die negende simfonie). In verhouding tot sy lewensduur het Beethoven betreklik min geskryf. Volgens nagelate komposisiesketse het hy moeilik gewerk en langsaam gevorder. Dat hy slegs een opera (Fidelio) voltooi het, is moontlik ook te wyte aan die gebrek aan 'n geskikte libretto.

Veral sedert die Eerste Wêreldoorlog is 'n groeiende verset merkbaar teen die oordrewe voorstellings van die sogenaamde Beethoven-mite (wat in die dae van die Romantiek bygedra het tot ongesonde kommentaar op sy komposisies).

Sien ook

Bronne

Sjabloon:Link FA Sjabloon:Link FA Sjabloon:Link FA Sjabloon:Link FA Sjabloon:Link FA