[go: nahoru, domu]

Gaan na inhoud

SECAM

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die drukbare weergawe word nie meer ondersteun nie en kan leweringsfoute hê. Dateer asseblief jou blaaierboekmerke op en gebruik asseblief eerder die verstekblaaierdrukfunksie.
Die verspreiding van die SECAM-standaard: Lande met SECAM-kleurtelevisie word geel vertoon

SECAM (Franse afkorting vir Séquentiel couleur à mémoire) is die Franse standaard vir kleurtelevisie wat as SECAM 3 in 1967 in Frankryk, die destydse Sowjetunie, en later ook in ander Oos-Europese lande ingevoer is. Dit is 'n verbeterde weergawe van die Amerikaanse NTSC-standaard, wat faseverskuiwings en die kleurvervalsings, wat daardeur ontstaan, verhinder.

Televisietoestelle met die SECAM-standaard kan TV-programme, wat in PAL (die Duitse standaard wat in 1976 ook in Suid-Afrika ingevoer is) of NTSC uitgesaai word, slegs in swart-en-wit opvang. Europese TV-toestelle, wat teenswoordig verkoop word, is meestal geskik vir aldrie TV-standaarde, en vir DVD-spelers en skottelontvangs word SECAM na PAL omgesit indien nodig.

MESECAM

MESECAM ('n afkorting van Middle Eastern SECAM) is 'n metode om SECAM-programme met gemodifiseerde PAL-VHS-videomasjiene op te neem. MESECAM-masjiene is altyd ook geskik vir die Duitse PAL-standaard en word gewoonlik in Oos-Europese en oorsese lande vervaardig. Die MESECAM-tegnologie is nie geskik vir die weergee van Franse SECAM-kleurprogramme nie.