[go: nahoru, domu]

Gaan na inhoud

Tibeto-Birmaanse tale

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die drukbare weergawe word nie meer ondersteun nie en kan leweringsfoute hê. Dateer asseblief jou blaaierboekmerke op en gebruik asseblief eerder die verstekblaaierdrukfunksie.
Tibeto-Birmaanse tale
Geografiese
verspreiding:
Oos-, Suidoos- en Suid-Asië:
Genetiese
klassifikasie
:
Sino-Tibettaans
 Tibeto-Birmaanse tale
Onderafdelings:
Sien kaart hieronder

Verspreiding van Tibeto-Birmaanse tale:

   Chinees

   Tibettaans

   Birmaans

   Karen

   Rung

   Tani

   Qiangies

   Bodo-Garo

   Konyak

   Naga

   Meitei

   Kukisj

Die Tibeto-Birmaanse tale vorm die nie-Chinese tak van die Sino-Tibettaanse tale met omtrent 456 tale wat deur sowat 70 miljoen mense gepraat word. Hulle word veral in Oos-, Suidoos- en dele van Suid-Asië (Himalaja-streek) gepraat.

Die grootste tale (volgens moedertaalsprekers) is: Birmaans (32 miljoen), Meitei (1,5 miljoen), Bodo (1,3 miljoen), Newari (1,3 miljoen), Tibettaans (1,2 miljoen, insluitende Dzongkha), Garo (1,1 miljoen), Kokborok (1 miljoen) en Mizo (830 846). Baie Sino-Tibettaanse tale word deur klein gemeenskappe in afgeleë berggebiede gepraat en is weinig gedokumenteer. Die oudste bevestigde Tibeto-Birmaanse taal is Pai-lang uit die derde eeu, gevolg deur Tibettaans en Birmaans.

Bronne

  • (en) Bradley, David (1997). "Tibeto-Burman languages and classification". In Bradley, David (red.). Tibeto-Burman languages of the Himalayas. Papers in South East Asian linguistics. Vol. 14. Canberra: Pacific Linguistics. pp. 1–71. ISBN 978-0-85883-456-9.

Eksterne skakels