[go: nahoru, domu]

Gaan na inhoud

Wikipedia:Geselshoekie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie


Dis naweek! Kom ry die perde by die asemrowende Golden Gate Nasionale Park in die Oos-Vrystaat!
Sien ook:
Verdere hulp:

Vir volledige hulp, riglyne en beleid (algemeen en spesifiek), raadpleeg gerus die

Argief
2004-06 2007 2008
2009 2010 2011
2012 2013 2014
2015 2016 2017
2018 2019 2020
2021 2022 2023
2024
Hoe word 'n argief aangelê?

Welkom by die Afrikaanse Wikipedia se algemene geselshoekie. Enigiemand is welkom om deel te neem aan die besprekings hier: onderteken asseblief u besprekings deur ~~~~ te tik, of die "Handtekening met datum"-ikoon (Handtekening met datum) te kies op die redigeringskieslys.

Ou besprekings word na die argief geskuif (sien die navigasiekas regs). As u 'n gesprek wil voortsit wat reeds in die argief is, word aanbeveel dat u die betrokke dele uitknip en hier plak.

Hierdie blad is vir algemene besprekings, besprekings omtrent 'n spesifieke artikel kan op daardie artikel se besprekingsblad begin word; sodoende kan dit ook deur toekomstige bydraers en redigeerders gelees word.

Vir die jongste nuus van WikimediaZA, besoek gerus ons Facebook bladsy, word lid van die Afrikaanse poslys of besoek ons Tuisblad in Afrikaans

Dié sjabloon skree in rooi: Koördinate: Missing latitude Invalid arguments have been passed to the {{#coordinates:}} function. Sien ook Kategorie:Pages with malformed coordinate tags. Wat het vandag gebeur? Groete. --  SpesBona 21:52, 15 Junie 2024 (UTC)[antwoord]

Allerhande vreemde dinge gebeur. Iemand word toegelaat om te peuter, en ek moet nog sien dat hulle iets verbeter. JMK (kontak) 15:01, 21 Junie 2024 (UTC)[antwoord]

Wikimedia-stigting Trustee kandidaat Oesjaar[wysig bron]

Die Wikimedia-stigting betrek gereeld die Wikimedia-beweging om individue tot sy Raad van Trustees te verkies. Die goeie nuus vir die Afrikaanse Wikipedia is dat een van ons eie nou as ‘n kortlys kandidaat aanvaar is vir vanjaar se verkiesing. Welgedaan Oesjaar. Jou onverpoosde werk op hierdie Wikipedia word waardeer en jou welverdiende geleentheid om nou ook op globale vlak ‘n betekenisvolle bydrae te maak, word heelhartig ondersteun.

https://meta.wikimedia.org/wiki/Wikimedia_Foundation_elections/2024/Candidates/Deon_Steyn Sobaka (kontak) 12:01, 21 Junie 2024 (UTC)[antwoord]

Hallo gemeenskap, ek ondersteun ook Oesjaar graag sonder voorbehoud. As jy sy "wikipedia-CV" by bg. skakel gaan lees, sal jy opmerk dat hy oor 'n breë spektrum besig is met verskeie groot projekte ten bate van die Wikimedia-stigting en veral die Afrikaanse een. Hy het werklik die af:wiki as 'n "weeskind" aangeneem!
Welgedaan Deon, en voorspoed met jou kandidatuur...  Aliwal2012 06:39, 8 Julie 2024 (UTC)[antwoord]

Hallo!

Die sjabloon {{GFDL}} het vrywarings (Onderhewig aan vrywarings).

Vrywarings is oor die algemeen nie goed nie, dus dit moet verwyder word volgens en:Wikipedia:GFDL standardization. Die probleem is dat slegs die kopiereg houer dit kan doen.

Om te voorkom dat nuwe lêers met vrywarings opgelaai word, stel ek voor om die volgende te doen:

  1. Skep nuwe sjablone soos {{GFDL-with-disclaimers}} (deur net 'n kopie van {{GFDL}} te neem).
  2. Verander alle lêerbladsye wat die lisensiesjabloon {{GFDL}} gebruik na {{GFDL-with-disclaimers}}
  3. Verwyder die vrywarings van {{GFDL}}

Verder is GFDL nie 'n goeie lisensie vir mediabestande nie, dus Wikimedia Commons, Engelse Wikipedia en ander wikis het die oplaai van nuwe lêers met slegs GFDL beperk. Ek stel dus voor om GFDL ook van MediaWiki:Licenses te verwyder. En die nuutste weergawe van cc-lisensies is 4.0, so ek stel voor om daarmee op te dateer.

Laastens stel ek voor om almal wat lêers met GFDL opgelaai het, te vra of hulle bereid is om die vrywarings te verwyder (verander die lisensie terug van {{GFDL-with-disclaimers}} na {{GFDL}}). Jy kan sien wie opgelaai het deur hierdie skakel te kliek.

Daar is 182 lêers, dus sou dit goed wees as iemand met 'n bot kan help.

As enige lêers met {{GFDL}} opgelaai word, kan dit 'n goeie kans wees om ook {{Cc-by-sa-4.0}} by te voeg. --MGA73 (kontak) 08:15, 22 Junie 2024 (UTC)[antwoord]

Gebruiker:Puvircho and Gebruiker:Aliwal2012 perhaps? --MGA73 (kontak) 17:43, 2 Julie 2024 (UTC)[antwoord]

Engelse woord[wysig bron]

Gemeenskap: hier is 'n nuwe woord in Engels wat ek nie ken nie. It is a holomycotrophic perennial. Wat is dit in Afrikaans en wat beteken dit? Groete! Oesjaar (kontak) 19:10, 22 Junie 2024 (UTC)[antwoord]

Toe help prof Van Wyk my so laat op 'n Sat. aand! Sien Holomikotrofies. Groete! Oesjaar (kontak) 19:47, 22 Junie 2024 (UTC)[antwoord]

Voting to ratify the Wikimedia Movement Charter is now open – cast your vote[wysig bron]

You can find this message translated into additional languages on Meta-wiki. Help met die vertaal na uw taal

Hello everyone,

The voting to ratify the Wikimedia Movement Charter is now open. The Wikimedia Movement Charter is a document to define roles and responsibilities for all the members and entities of the Wikimedia movement, including the creation of a new body – the Global Council – for movement governance.

The final version of the Wikimedia Movement Charter is available on Meta in different languages and attached here in PDF format for your reading.

Voting commenced on SecurePoll on June 25, 2024 at 00:01 UTC and will conclude on July 9, 2024 at 23:59 UTC. Please read more on the voter information and eligibility details.

After reading the Charter, please vote here and share this note further.

If you have any questions about the ratification vote, please contact the Charter Electoral Commission at cec@wikimedia.org.

On behalf of the CEC,

RamzyM (WMF) 10:51, 25 Junie 2024 (UTC)[antwoord]

'n Nuwe Afrikaanse woord.[wysig bron]

Gemeenskap, sien Statite in die taal van die vyand. Ek wil die artikeltjie vertaal as Statiet en dan skep ons 'n nuwe woord. Ek het dit met Suléne Pilon van die Taalraad en Dr. Mariëtta Alberts bespreek en beide het gesê: Groei die taal! Enige besware? Groete! Oesjaar (kontak) 18:00, 26 Junie 2024 (UTC)[antwoord]

@Oesjaar: sou dit nie oorspronklike navorsing wees nie? – Pynappel (kontak) 18:47, 26 Junie 2024 (UTC)[antwoord]
Geen beswaar, maar dit lyk op die oog af of iemand nie "statuut" kon spel nie :-) Groete. Frank (kontak) 19:56, 26 Junie 2024 (UTC)[antwoord]
Frank, ons kan dit nog verander... Groete! Oesjaar (kontak) 20:00, 26 Junie 2024 (UTC)[antwoord]
"Statiet" is 'n samestelling van "staties" en "satelliet". Dit klink vir my dooddollies (hoewel effens vulgêr). ~ Burgert (kontak) 11:48, 27 Junie 2024 (UTC)[antwoord]

WikiIndaba[wysig bron]

So, wie gaan WikiIndaba toe? Dumbassman (kontak) 05:24, 3 Julie 2024 (UTC)[antwoord]

Voting to ratify the Wikimedia Movement Charter is ending soon[wysig bron]

You can find this message translated into additional languages on Meta-wiki. Help met die vertaal na uw taal

Hello everyone,

This is a kind reminder that the voting period to ratify the Wikimedia Movement Charter will be closed on July 9, 2024, at 23:59 UTC.

If you have not voted yet, please vote on SecurePoll.

On behalf of the Charter Electoral Commission,

RamzyM (WMF) 03:45, 8 Julie 2024 (UTC)[antwoord]

Die storting van kort politieke figuur artikels...[wysig bron]

Gemeenskap, 'n IP-adresgebruiker laai bykans elke dag een of twee kort artikels oor politieke figure sonder bronne. Ek het met hom probeer kommunikeer sonder sukses; hy ignoreer my boodskappe. Die taalgebruik van die artikels is goed maar soos ek gesê het, sonder bronne. Ek kan net een afleiding maak: die gebruiker gebruik ChatGPT. Iemand kan bronne byvoeg maar hoe lank gaan dit neem? My probleem is: indien ons dit nie vasvat nie, gaan die spreekwoordelike vloedhekke oop... Die res van Afrika kyk met jaloerse oë na ons Wiki en dit bied vir hulle 'n aanloklike bemarkingsgeleentheid. Dink daaroor. Groete! Oesjaar (kontak) 12:04, 9 Julie 2024 (UTC)[antwoord]

Neem aan die politici-artikels lewer 'n oorsig oor staatshoofde, d.w.s. relatief belangrike persone. Het 'n groter probleem met "hierdie sportman het aan so en so olimpiese spele deelgeneem", terwyl ons geen idee het of die sportman belangrik is (om te kwalifiseer vir die spele is onvoldoende), presteer het, of elders figureer nie. Waarskuwings wat jy boaan plaas is die oplossing vir eersgenoemde, maar albei hierdie bydraers moet sterk aangemoedig word om meer omvattend te skryf, en vee maar uit as hulle nie luister nie. JMK (kontak) 15:18, 9 Julie 2024 (UTC)[antwoord]
Die Afrika leier-artikels is uit die Engels vertaal en dit is nie moeilik om bronne by te voeg nie. So ek sien nie 'n probleem daarmee nie.Sobaka (kontak) 15:43, 9 Julie 2024 (UTC)[antwoord]

U4C Special Election - Call for Candidates[wysig bron]

You can find this message translated into additional languages on Meta-wiki. Help met die vertaal na uw taal

Hello all,

A special election has been called to fill additional vacancies on the U4C. The call for candidates phase is open from now through July 19, 2024.

The Universal Code of Conduct Coordinating Committee (U4C) is a global group dedicated to providing an equitable and consistent implementation of the UCoC. Community members are invited to submit their applications in the special election for the U4C. For more information and the responsibilities of the U4C, please review the U4C Charter.

In this special election, according to chapter 2 of the U4C charter, there are 9 seats available on the U4C: four community-at-large seats and five regional seats to ensure the U4C represents the diversity of the movement. No more than two members of the U4C can be elected from the same home wiki. Therefore, candidates must not have English Wikipedia, German Wikipedia, or Italian Wikipedia as their home wiki.

Read more and submit your application on Meta-wiki.

In cooperation with the U4C,

-- Keegan (WMF) (talk) 00:02, 10 Julie 2024 (UTC)[antwoord]