[go: nahoru, domu]

Boekarest (Roemeens: București, [bukuˈreʃtʲ], ) is die hoofstad en industriële en kommersiële sentrum van Roemenië. Dit is in die suidooste van die land geleë aan die oewer van die Dâmboviţarivier. Die stad het vroeër as die Dâmboviţa-sitadel bekend gestaan.

Boekarest

București
Stad
Vlag van Boekarest
Vlag
Wapen van Boekarest
Wapen
Byname: 
Klein Parys, Parys van die Ooste
Leuse(s): 
Patria si Dreptul Meu (My Land en My Reg)
Ligging van Boekarest in Roemenië (in rooi)
Ligging van Boekarest in Roemenië (in rooi)
Koördinate: 44°25′57″N 26°6′14″O / 44.43250°N 26.10389°O / 44.43250; 26.10389
LandVlag van Roemenië Roemenië
Gestig1459 (eerste amptelike verwysing)
Regering
 • BurgemeesterNicușor Dan (Onafh.)
Oppervlak
 • Stad240 km2 (93 vk. myl)
 • Metro
1 803 km2 (696 vk. myl)
Hoogte
55,8–91,5 m (183,1–300,2 ft)
Bevolking
 • Stad1 739 297
 • Digtheid7 277/km2 (18 850/vk. myl)
 • Metro
2 304 408
 • Metrodigtheid1 278/km2 (3 310/vk. myl)
TydsoneUTC+02:00 (OET)
 • SomertydUTC+03:00 (OEST)
Poskode
0100xx-0201xx, 0201xx-0300xx, 0365xx
Skakelkodes+40 31
NommerplateB
Webwerfwww.pmb.ro
Die Calea Victoriei in die binnestad van Boekarest

In vergelyking met ander Europese stede is Boekarest relatief jonk. Die vroegste verwysing na die stad dateer uit 1459.[1] Sedertdien het die stad verskeie veranderinge ondergaan. Boekarest het in 1862 die hoofstad van die verenigde Roemenië geword en geleidelik sy posisie in die middelpunt van Roemeense massamedia, kultuur en kuns verstewig. Die stad se eklektiese argitektuur verteenwoordig 'n mengsel van historiese, tussenoorlogse, Kommunistiese-era en moderne boustyle. In die tydperk tussen die twee Wêreldoorloë het die stad se elegante argitektuur en gesofistikeerde plaaslike elite Boekarest die bynaam "Parys van die Ooste" of "Klein Parys" (Micul Paris) laat eien.[2] Hoewel baie geboue en distrikte in die geskiedkundige stadskern beskadig of vernietig is deur oorlog, aardbewings en die eermalige president Nicolae Ceaușescu se program van sistematisering, het baie behoue gebly. In die laaste paar jaar het die stad 'n ekonomiese en kulturele voorspoedgolf beleef.[3]

Volgens amptelike skattings het die eintlike Boekarest teen Januarie 2006 'n bevolking van 1 930 390 gehad.[4] Die stedelike gebied strek verby die grens van die stad self en het 'n bevolking van 2,1 miljoen.[5] As die satellietdorpe om die stedelike gebied ingesluit word, het die metropolitaanse gebied van Boekarest 'n bevolking van 2,6 miljoen mense.[5] Boekarest is die sesde grootste stad in die Europese Unie volgens bevolking.

Verwysings

wysig
  1. (en) "Bucharest". Fodors. Besoek op 4 September 2024.
  2. (en) "Bucharest, the small Paris of the East". Museums from Romania. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Junie 2016. Besoek op 23 Junie 2016.
  3. (en) Cristina Bucica. "Legitimating Power in Capital Cities: Bucharest – Continuity Through Radical Change?" (PDF). p. 6. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 28 Oktober 2005. Besoek op 28 Oktober 2005.
  4. (ro) "Populatia Romaniei scade de la an la an". Nasionale Statistiekinstituut. 11 Julie 2006. Besoek op 4 September 2024.
  5. 5,0 5,1 (en) "Bucharest: Few expectations for urban development" (PDF). XIX Meeting of METREX Network, Nürnberg, 15–18 Junie 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 9 Augustus 2007. Besoek op 9 Augustus 2007.

Eksterne skakels

wysig