[go: nahoru, domu]

Demi-Leigh Nel-Peters

Suid-Afrikaanse Model, Mej Heelal 2017

Demi-Leigh Tebow (née Nel-Peters)(gebore 28 Junie 1995) is op Sondag 26 Maart 2017 in die Sun City Superbowl as Mejuffrou Suid-Afrika 2017 aangewys. Die geleentheid is op M-Net en Mzansi Magic uitgesaai.[1][2]

Demi-Leigh Nel-Peters
Demi-Leigh Nel-Peters as Mej. Heelal 2017
Demi-Leigh Nel-Peters as Mej. Heelal 2017
Gebore 28 Junie 1995 (1995-06-28) (29 jaar oud)
Plek Sedgefield, Suid-Afrika
Nasionaliteit Suid-Afrikaans
Geboortenaam  Demi-Leigh Nel-Peters
Beroep Model
Alma mater Noordwes-Universiteit
Loopbaan
Titel(s) Mejuffrou Suid-Afrika 2017
Mej. Heelal 2017
Haarkleur Bruin
Oogkleur Groen
Lengte 1,70 m

Demi-Leigh Nel-Peters het die kroon voor 11 ander finaliste, 25 ander deelnemers en meer as 900 inskrywings weggeraap. Sy het Suid-Afrika in 2017 se Mej. Heelal-kompetisie verteenwoordig, waar sy op Sondag 26 November as die wenner aangewys is. Sy is die tweede Suid-Afrikaanse Mej. Heelal-wenner na Margaret Gardiner in 1978. Demi-Leigh Nel-Peters het Suid-Afrika ook in die Mej. Wêreld-kompetisie verteenwoordig.

Sy is deur Mejuffrou Suid-Afrika 2016, Ntandoyenkosi Kunene, gekroon.

Nel-Peters is in Sedgefield gebore op 28 Junie 1995, dogter van Bennie Peters and Anne-Marie Steenkamp.[3] Sy is vlot in beide Afrikaans en Engels.

Verwysings

wysig
  1. (en) MISS SA 2017 SEMI-FINALISTS REVEALED. URL besoek op 28 November 2016.
  2. (en) Miss South Africa 2017 semi-finalists revealed – PHOTOS. URL besoek op 28 November 2016.
  3. JK, Morne (27 Maart 2017). "Who is Demi-Leigh Nel-Peters". Jacaranda FM.

Eksterne skakels

wysig
Toekennings en prestasies
Voorafgegaan deur
Vlag van Frankryk  Iris Mittenaere
Mejuffrou Heelal
2017
Opgevolg deur
Vlag van Filippyne  Catriona Gray
Voorafgegaan deur
Ntandoyenkosi Kunene
Mejuffrou Suid-Afrika
2017
Opgevolg deur
Tamaryn Green