[go: nahoru, domu]

Gemmer of gemmerwortel is die risoom van die plant Zingiber officinale wat gebruik word as 'n lekkerny, medisyne of spesery. Dit verleen sy naam aan die familie Zingiberaceae. Ander noemenswaardige lede van hierdie plantfamilie is borrie, kardamom en galangal.

Gemmer
Kleurplaat vanuit Köhler's Medicinal Plants
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
Z. officinale
Binomiale naam
Zingiber officinale
Roscoe 1807

Gemmerverbouing het in China ontstaan en het sedertdien versprei na Indië, Suidoos-Asië, Oos-Afrika en die Karibiese Eilande. [1]

Die gemmer familie (Zingiberaceae) behoort saam met die piesangfamilie (Musaceae) tot die orde Zingeberales. Die wetenskaplike naam Zingiberaceae is afgelei van die Latynse woord zingiber, wat "gemmer" beteken. Die familie kom hoofsaaklik in die tropiese gebiede van Suidoos-Asië voor en bestaan uit ongeveer 50 genera met nagenoeg 1 500 spesies.

Die gemmerfamilie is eensaadlobbige plante met ondergrondse wortelstokke. Die blomme het slegs een meeldraad, wat die styI soos ʼn skede omring. Die stempel steek bo uit en die lip ontwikkel in die middel van die blom op die plek van die meeldrade. Die wortelstok van die gemmerplant (Zingiber officinale) word in suiker gekook om die gemmer te ekstraheer. Spesies van die genus Curcuma word ook ter wille van hulle wortelstokke gekweek. Speserye en medisyne word uit die wortels gemaak. Die spesie Curcuma domestica lewer 'n fyn meel waaruit kerrie berei word.

Produksie

wysig

In Suid-Afrika word die meeste gemmer in Mpumalanga by Hazyview, Witrivier en Sabie geproduseer. Dit word tussen die rye neutbome in die boorde geplant. Gemmer word hier die hele jaar geoes.

Top tien gemmerproduseerders
Jaarliks soos op 11 Junie 2008
Land Produksie (ton)
Vlag van Indië  Indië 380,100
Vlag van Volksrepubliek China  China 331,393
Vlag van Indonesië  Indonesië 192,500
Vlag van Nepal  Nepal 174,268
Vlag van Thailand  Thailand 170,125
Vlag van Nigerië  Nigerië 152,106
Vlag van Bangladesj  Bangladesj 72,608
Vlag van Japan  Japan 52,000
Vlag van Filippyne  Filippyne 27,415
Vlag van Kameroen  Kameroen 12,000
Wêreld 1,615,974



Bron: Food And Agricultural Organization of United Nations: Economic And Social Department: The Statistical Division

Verwysings

wysig
  1. "Spices: Exotic Flavors & Medicines: Ginger" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 8 Augustus 2007.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.