[go: nahoru, domu]

Grand Slam (Rugby)

'n Grand Slam (Iers: Caithréim Mhór, Wallies: Y Gamp Lawn, Frans: Le Grand Chelem) kan in rugby op twee maniere behaal word: deur 'n besoekende span wat al vier Tuisunies agtereenvolgend verslaan of tydens die Sesnasies-toernooi, of die voorgangers daarvan, as 'n span al sy opponente verslaan.

Sesnasies-toernooi

wysig
 
Ierland, nadat hulle die Grand Slam in 2009 gewen het

In die Sesnasies- en die Vyfnasies-toernooi wat dit voorafgegaan het, word 'n Grand Slam behaal as 'n span al sy opponente in een seisoen se kompetisie klop.[1] Daar is geen amptelike trofee vir die prestasie nie.

Die term is waarskynlik vir die eerste keer in 1957 gebruik toe die Times die uitdrukking ‘Grand Slam’ gebruik het om Engeland se vier oorwinnings in die toenmalige Vyfnasies-toernooi te beskryf.

Geen span kon tot dusver drie opeenvolgende Grand Slams wen nie. Drie spanne, Wallis in 1908/1909, Engeland in 1913/1914, 1923/1924 en 1991/1992 en Frankryk in 1997/1998 het reeds twee agtereenvolgende Grand Slams gewen. In 2005 het Wallis die eerste span geword om 'n Grand Slam te wen met meer weg- as tuiswedstryde.

Daar is reeds 42 Grand Slam titels behaal sedert die toernooi 'n aanvang geneem het. Engeland het 13 daarvan gewen, gevolg deur Wallis met twaalf, Frankryk met tien, Ierland met vier en Skotland met drie. Italië kon tot dusver nie 'n Grand Slam behaal nie.

'n Soortgelyke konsep is die Driekroon. As een van die Britse Tuisunies (Engeland, Skotland, Wallis of Ierland) daarin slaag om die ander drie te klop wen hulle die Driekroon. Dit is in 2023 deur Ierland behaal, wat ook die Grand Slam-wenner is.

Sedert die 2017-toernooi word bonuspunte soos by die Rugbywêreldbeker op proefbasis toegeken. 'n Span wat die Grand Slam wen, sal drie bonuspunte kry.[2] Dit sal die moontlikheid dat 'n Grand Slam-wenner die kampioenskap weens bonuspunte kan verloor uitskakel.

Tabel van Grand Slam-wenners

wysig
Span Grand Slams Seisoene
Vlag van Engeland  Engeland 13 1913, 1914, 1921, 1923, 1924, 1928, 1957, 1980, 1991, 1992, 1995, 2003, 2016
Vlag van Wallis  Wallis 11 1908, 1909, 1911, 1950, 1952, 1971, 1976, 1978, 2005, 2008, 2012, 2019
Vlag van Frankryk  Frankryk 10 1968, 1977, 1981, 1987, 1997, 1998, 2002, 2004, 2010, 2022
Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag   Ierland 4 1948, 2009, 2018, 2023
Vlag van Skotland  Skotland 3 1925, 1984, 1990
Vlag van Italië  Italië 0

Kronologiese lys van Grand Slam-wenners

wysig
1882–1907 Nie moontlik omdat Frankryk nie aan die kampioenskap deelgeneem het nie
1908 Vlag van Wallis  Wallis
1909 Vlag van Wallis  Wallis
1910 Nie behaal nie
1911 Vlag van Wallis  Wallis
1912 Nie behaal nie
1913 Vlag van Engeland  Engeland
1914 Vlag van Engeland  Engeland
1915–1919 Nie gehou nie as gevolg van die Eerste Wêreldoorlog
1920 Nie behaal nie
1921 Vlag van Engeland  Engeland
1922 Nie behaal nie
1923 Vlag van Engeland  Engeland
1924 Vlag van Engeland  Engeland
1925 Vlag van Skotland  Skotland
1926–1927 Nie behaal nie
1928 Vlag van Engeland  Engeland
1929–1931 Nie behaal nie
1932–1939 Nie moontlik nie a.g.v. die uitskop van Frankryk uit die kampioenskap
1940–1946 Nie gehou nie a.g.v. die Tweede Wêreldoorlog
1947 Nie behaal nie
1948 Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag   Ierland
1949 Nie behaal nie
1950 Vlag van Wallis  Wallis
1951 Nie behaal nie
1952 Vlag van Wallis  Wallis
1953–1956 Nie behaal nie
1957 Vlag van Engeland  Engeland
1958–1967 Nie behaal nie
1968 Vlag van Frankryk  Frankryk
1969–1970 Nie behaal nie
1971 Vlag van Wallis  Wallis
1972–1975 Nie behaal nie
1976 Vlag van Wallis  Wallis
1977 Vlag van Frankryk  Frankryk
1978 Vlag van Wallis  Wallis
1979 Nie behaal nie
1980 Vlag van Engeland  Engeland
1981 Vlag van Frankryk  Frankryk
1982–1983 Nie behaal nie
1984 Vlag van Skotland  Skotland
1985–1986 Nie behaal nie
1987 Vlag van Frankryk  Frankryk
1988–1989 Nie behaal nie
1990 Vlag van Skotland  Skotland
1991 Vlag van Engeland  Engeland
1992 Vlag van Engeland  Engeland
1993–1994 Nie behaal nie
1995 Vlag van Engeland  Engeland
1996 Nie behaal nie
1997 Vlag van Frankryk  Frankryk
1998 Vlag van Frankryk  Frankryk
1999–2001 Nie behaal nie
2002 Vlag van Frankryk  Frankryk[3]
2003 Vlag van Engeland  Engeland[4]
2004 Vlag van Frankryk  Frankryk[5]
2005 Vlag van Wallis  Wallis[6]
2008 Vlag van Wallis  Wallis[7]
2009 Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag   Ierland[8]
2010 Vlag van Frankryk  Frankryk[9]
2012 Vlag van Wallis  Wallis[10]
2016 Vlag van Engeland  Engeland[11]
2018 Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag   Ierland[12]
2019 Vlag van Wallis  Wallis[13]
2022 Vlag van Frankryk  Frankryk[14]
2023 Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag   Ierland[15]

Grand Slamtoer

wysig

'n Grand Slamtoer is 'n toer na die Britse Eilande waarin daar toetse teen elkeen van die vier Tuisunies gespeel word (Engeland, Skotland, Wallis en Ierland). Indien die besoekende span al vier dié toetse wen behaal die span 'n Grand Slam. Daar is geen amptelike rigsnoer van Wêreldrugby omtrent wat die konsep van 'n Grand Slamtoer behels nie — byvoorbeeld, of 'n toerspan teen elk van die huidige Sesnasiespanne (die vier Tuisunies saam met Frankryk en Italië) 'n wen aanteken in dieselfde toer as 'n "ware Grand Slam" aangeteken behoort te word of nie.

Geen span wat in Europa getoer het, het al 'n "ware Grand Slam" probeer behaal in die Sesnasies-era (sedert Italië se toetrede in 2000) nie. 'n Grand Slam teen die vier Tuisunies in dieselfde toer is reeds vier keer deur Suid-Afrika, drie keer deur Nieu-Seeland en een keer deur Australië behaal. Australië is ook die enigste land van die Suidelike Halfrond wat teen elk van die Tuisunies op 'n Grand Slamtoer verloor het in 1957–1958.

Suid-Afrika is die enigste land wat 'n Grand Slam teen die Vyfnasies kon behaal: in die Grand Slamtoere van 1912–1913 en 1951–1952 het die Sprinkbokke ook teen die Hane gespeel en gewen.

As gevolg van die opeenhoping van wedstryde in internasionale rugby het Grand Slamtoere minder algemeen begin word. Die laaste suksesvolle Grand Slamtoer was in 2008 toe Nieu-Seeland hulle derde Grand Slam behaal het. Die All Blacks se vorige toer in 2005 was aanvanklik geskeduleer vir drie Toetswedstryde; die laat toevoeging van die wedstryd teen Wallis het dit moontlik gemaak vir die All Blacks om 'n Grand Slam te oorweeg. Om daarmee saam te gaan het Nieu-Seeland slegs Toetswedstryde in 2005 en een vriendskaplike wedstryd in 2008 (teen Munster van Ierland) gespeel in teenstelling met die gereelde wedstryde in die middel van die week asook naweke teen provinsiale spanne, wat ander Grand Slamtoere gekenmerk het.

Grand Slams behaal deur toerspanne

wysig
Vlag van Suid-Afrika  Vlag van Suid-Afrika  Vlag van Suid-Afrika  Suid-Afrika 1912–13, 1931–32, 1951–52, 1960–61
Vlag van Nieu-Seeland  Nieu-Seeland 1978, 1995, 2005, 2008, 2010
Vlag van Australië  Australië 1984

Uitslae

wysig
Span Toere Behaal Nie behaal nie % behaal
Vlag van Suid-Afrika  Vlag van Suid-Afrika  Vlag van Suid-Afrika  Suid-Afrika 9 4 5 44,4%
Vlag van Nieu-Seeland  Nieu-Seeland 9 4 5 44,4%
Vlag van Australië  Australië 9 1 8 11,1%
Totaal 27 9 18 33,3%

Lys van Grand Slamtoere (teen al vier Tuisunies)

wysig
Sleutel
Dui op 'n oorwinning
Dui op 'n nederlaag
Jaar Span Behaal Uitslag Telling
Vlag van Engeland  Engeland Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag   Ierland Vlag van Skotland  Skotland Vlag van Wallis  Wallis
1905–06 Vlag van Nieu-Seeland  Nieu-Seeland 3–1 0–15 0–15 7–12 3–0
1906 Vlag van Verenigde Koninkryk  Suid-Afrika 2–1 3–3 12–15 6–0 0–11
1912–13 Vlag van Suid-Afrika  Suid-Afrika Ja 4–0 3–9 0–38 0–16 0–3
1927–28 Vlag van Australië  Australië 2–2 18–11 3–5 10–8 8–18
1931–32 Vlag van Suid-Afrika  Suid-Afrika Ja 4–0 0–7 3–8 3–6 3–8
1935–36 Vlag van Nieu-Seeland  Nieu-Seeland 2–2 13–0 9–17 8–18 13–12
1947–48 Vlag van Australië  Australië 3–1 0–11 3–16 7–16 6–0
1951–52 Vlag van Suid-Afrika  Suid-Afrika Ja 4–0 3–8 5–17 0–44 3–6
1953–54 Vlag van Nieu-Seeland  Nieu-Seeland 3–1 0–5 3–14 0–3 13–8
1958 Vlag van Australië  Australië 0–4 9–6 9–6 12–8 9–3
1960–61 Vlag van Suid-Afrika  Suid-Afrika Ja 4–0 0–5 3–8 5–12 0–3
1963–64 Vlag van Nieu-Seeland  Nieu-Seeland 3–0 0–14 5–6 0–0 0–6
1966–67 Vlag van Australië  Australië 2–2 11–23 15–8 11–5 11–14
1969–70 Vlag van Suid-Afrika  Suid-Afrika 0–2 11–8 8–8 6–3 6–6
1972–73 Vlag van Nieu-Seeland  Nieu-Seeland 3–0 0–9 10–10 9–14 16–19
1975–76 Vlag van Australië  Australië 1–3 23–6 10–20 10–3 28–3
1978 Vlag van Nieu-Seeland  Nieu-Seeland Ja 4–0 6–16 6–10 9–18 12–13
1981–82 Vlag van Australië  Australië 1–3 15–11 12–16 24–15 18–13
1984 Vlag van Australië  Australië Ja 4–0 3–19 9–16 12–37 9–28
1998 Vlag van Suid-Afrika  Suid-Afrika 3–1 13–8 13–27 10–35 20–28
2004 Vlag van Suid-Afrika  Suid-Afrika 2–2 32–16 17–12 10–45 36–38
2005 Vlag van Nieu-Seeland  Nieu-Seeland Ja 4–0 19–23 7–45 10–29 3–41
2008 Vlag van Nieu-Seeland  Nieu-Seeland Ja 4–0 6–32 3–22 6–32 9–29
2009 Vlag van Australië  Australië 2–1 9–18 20–20 9–8 12–33
2010 Vlag van Nieu-Seeland  Nieu-Seeland Ja 4–0 16–26 18–38 3–49 25–37
2010 Vlag van Suid-Afrika  Suid-Afrika 3–1 11–21 21–23 21–17 25–29
2013 Vlag van Australië  Australië 3–1 20–13 15–32 15–21 26–30
2016 Vlag van Australië  Australië 2–2 37–21 27–24 22–23 8–32

Die Rugbykampioenskap

wysig
Jaar Span Notas
Drienasiesreeks
1996 Vlag van Nieu-Seeland  Nieu-Seeland
1997 Vlag van Nieu-Seeland  Nieu-Seeland
1998 Vlag van Suid-Afrika  Suid-Afrika
2003 Vlag van Nieu-Seeland  Nieu-Seeland
2010 Vlag van Nieu-Seeland  Nieu-Seeland
Die Rugbykampioenskap
2012 Vlag van Nieu-Seeland  Nieu-Seeland
2013 Vlag van Nieu-Seeland  Nieu-Seeland
2015 Vlag van Australië  Australië Net drie wedstryde gespeel ween die Rugbywêreldbeker 2015.
2016 Vlag van Nieu-Seeland  Nieu-Seeland
2017 Vlag van Nieu-Seeland  Nieu-Seeland

Europese Nasiesbeker

wysig
Jaar Span Notas
FIRA-toernooi
1938 Vlag van Frankryk  Frankryk
FIRA-nasiesbeker
1965–66 Vlag van Frankryk  Frankryk
1966–67 Vlag van Frankryk  Frankryk
1967–68 Vlag van Frankryk  Frankryk
1968–69 Vlag van Roemenië  Roemenië
1969–70 Vlag van Frankryk  Frankryk
1970–71 Vlag van Frankryk  Frankryk
1971–72 Vlag van Frankryk  Frankryk
1972–73 Vlag van Frankryk  Frankryk
FIRA-trofee
1973–74 Vlag van Frankryk  Frankryk
1975–76 Vlag van Frankryk  Frankryk
1976–77 Vlag van Roemenië  Roemenië
1977–78 Vlag van Frankryk  Frankryk
1978–79 Vlag van Frankryk  Frankryk
1979–80 Vlag van Frankryk  Frankryk
1980–81 Vlag van Roemenië  Roemenië
1982–83 Vlag van Roemenië  Roemenië
1983–84 Vlag van Frankryk  Frankryk
1984–85 Vlag van Frankryk  Frankryk
As tweejarige kampioenskap
1986–87 Vlag van Frankryk  Frankryk Frankryk wen in 1986.
1988–89 Vlag van Frankryk  Frankryk Frankryk wen in 1989.
1991–92 Vlag van Frankryk  Frankryk Frankryk wen in 1991 en 1992.
Europese Nasiesbeker eerste afdeling
2001 Vlag van Georgië  Georgië
2002 Vlag van Roemenië  Roemenië
As tweejarige kampioenskap
2003–04 Vlag van Portugal  Portugal Portugal wen in 2003.
2007–08 Vlag van Georgië  Georgië Georgië wen in 2008.
2011–12 Vlag van Georgië  Georgië Georgië wen in 2011.
2013–14 Vlag van Georgië  Georgië Georgië wen in 2014.
2015–16 Vlag van Georgië  Georgië Georgië wen in 2015 en 2016.
Rugby Europakampioenskap
2018 Vlag van Georgië  Georgië
2019 Vlag van Georgië  Georgië
2020 Vlag van Georgië  Georgië
2021 Vlag van Georgië  Georgië

Verwysings

wysig
  1. (en) "History". Sesnasies-toernooi. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019.
  2. (en) "Bonus points system to be trialled in Six Nations". BreakingNews.ie. 30 November 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 25 Maart 2018.
  3. (en) Robert Kitson (8 April 2002). "France masterclass in doing Le Slam". The Guardian. Besoek op 18 Maart 2023.
  4. (en) "Awesome England clinch Grand Slam". BBC. 30 Maart 2003. Besoek op 18 Maart 2023.
  5. (en) "France win Grand Slam by beating England". Melbourne: www.theage.com.au. 28 Maart 2004. Besoek op 18 Maart 2023.
  6. (en) "Wales 32-20 Ireland". BBC. 19 Maart 2005. Besoek op 18 Maart 2023.
  7. (en) "Wales 29-12 France". BBC. 15 Maart 2008. Besoek op 18 Maart 2023.
  8. (en) "Wales 15-17 Ireland". BBC. 21 Maart 2009. Besoek op 18 Maart 2023.
  9. (en) "France 12-10 England". BBC. 20 Maart 2010. Besoek op 18 Maart 2023.
  10. (en) "Wales 16-9 France". BBC. 17 Maart 2012. Besoek op 18 Maart 2023.
  11. (en) "France 21-31 England". BBC. 19 Maart 2016. Besoek op 18 Maart 2023.
  12. (en) Tom Fordyce (17 Maart 2018). "Six Nations: Ireland beat England 24-15 to win Grand Slam". BBC. Besoek op 18 Maart 2023.
  13. (en) "Wales 25-7 Ireland: Wales win Six Nations Grand Slam". BBC. 16 Maart 2019. Besoek op 18 Maart 2023.
  14. (en) Mike Henson (19 Maart 2022). "Six Nations: France beat England to sweep to Grand Slam". BBC. Besoek op 18 Maart 2023.
  15. (en) Matt Gault (18 Maart 2022). "Six Nations 2023: Ireland 29-16 England – Irish seal Grand Slam in Dublin". BBC. Besoek op 18 Maart 2022.

Eksterne skakels

wysig