Keiser van Indië
(Aangestuur vanaf Keiserin van Indië)
Keiser/Keiserin van Indië (Engels: Emperor of India) is gebruik as ’n titel deur die laaste keiser van die Mogolryk, Bahadur Shah II, en weer deur die koloniale monarge van die Britse Ryk tydens die Britse heerskappy in Indië.
Die term verwys ook soms na Indiese keisers soos Ashoka die Grote van die Maurya-dinastie[1] en keiser Akbar die Grote van die Mogolryk. Hulle het egter nie die titel vir hulself toegeëien nie.
Britse monarge
wysigBritse monarge wat die titel Koning-keiser (Koningin-keiserin) van Indië gebruik het, is: Victoria, Edward VII, George V, Edward VIII en George VI.
Verwysings
wysig- ↑ "Aśoka – Britannica Online Encyclopedia". Online encyclopædia (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Junie 2008. Besoek op 8 Julie 2008.