[go: nahoru, domu]

Menslike-ontwikkelingsindeks

Die Menslike-ontwikkelingsindeks (MOI, Engels: Human Development Index (HDI)) is 'n vergelykende maatstaf van lewensverwagting, geletterdheid, opvoeding, en lewenstandaard vir al die lande van die wêreld. Dit bied 'n standaard wyse om welstand te meet, veral kinderwelstand. Dit word gebruik om te bepaal en aan te dui of 'n land ontwikkelde, ontwikkelende, of onderontwikkelde land is en om die impak wat ekonomiese beleide op lewensgehalte het, te meet.[2] Die indeks is in 1990 deur die Indiese Nobelpryswenner Amartya Sen, Pakistanse ekonoom Mahbub ul Haq, met ondersteuning van Gustav Ranis van Yale Universiteit en Lord Meghnad Desai van die London School of Economics ontwikkel en word sedertdien deur die ontwikkelingsprogram van die Verenigde Nasies in die organisasie se jaarlikse menslike-ontwikkelingsverslag gebruik. Hoewel dit deur Sen as 'n "growwe meting", beskryf is as gevolg van die beperkings daarvan, vestig dit nogtans aandag op aspekte van ontwikkelings wat nie deur per capita-inkomste gedek word nie.

Wêreldkaart wat die Menslike-ontwikkelingsindeks volgens lande aandui (op basis van data vir 2018, gepubliseer 2019).[1]
██ 0.800–1.000 (baie hoog) ██ 0.700–0.799 (hoog) ██ 0.550–0.699 (medium) ██ 0.350–0.549 (laag) ██ Data onbeskikbaar

Die indeks meet gemiddelde prestasie in 'n land in drie basiese dimensies van menslike ontwikkeling:

  • 'n Lang en gesonde lewe soos gemeet deur lewensverwagting met geboorte.
  • Kennis, soos gemeet deur die volwassegeletterheidstydskoers (met twee-derdes gewig) en die gekombineerde primêre, sekondêre, en tersiêre bruto inskrywingsverhouding (met een-derde gewig).
  • 'n Ordentlike lewenstandaard soos gemeet deur die logaritme van bruto binnelandse produk (BBP) per capita teen koopkragpariteit (KKP) in VSA dollar.

VN-lidlande word elke jaar volgens die metings gelys en rangskik. Lande wat hoog op die lys verskyn gebruik dit om geskoolde immigrante te lok of emigrasie te ontmoedig[3]

'n Alternatiewe maatstaf, die Menslike-armoede-indeks, fokus op die mate van armoede in 'n land.

2010-verslag

wysig
  1. Vlag van Noorweë  Noorweë 0.938 (Steady )
  2. Vlag van Australië  Australië 0.937 (Steady )
  3. Vlag van Nieu-Seeland  Nieu-Seeland 0.907 (  17)
  4. Vlag van Verenigde State van Amerika  Verenigde State 0.902 (  9)
  5. Vlag van Republiek Ierland  Ierland 0.895 (Steady )
  6. Vlag van Liechtenstein  Liechtenstein 0.891 (  13)
  7. Vlag van Nederland  Nederland 0.890 (  1)
  8. Vlag van Kanada  Kanada 0.888 (  4)
  9. Vlag van Swede  Swede 0.885 (  2)
  10. Vlag van Duitsland  Duitsland 0.885 (  12)
  11. Vlag van Japan  Japan 0.884 (  1)
  12. Vlag van Suid-Korea  Suid-Korea 0.877 (  14)
  13. Vlag van Switserland  Switserland 0.874 (  4)
  14. Vlag van Frankryk  Frankryk 0.872 (  6)
  15. Vlag van Israel  Israel 0.872 (  12)
  16. Vlag van Finland  Finland 0.871 (  4)
  17. Vlag van Ysland  Ysland 0.869 (  14)
  18. Vlag van België  België 0.867 (  1)
  19. Vlag van Denemarke  Denemarke 0.866 (  3)
  20. Vlag van Spanje  Spanje 0.863 (  5)
  21. Vlag van Hongkong  Hong Kong 0.862 (  3)
  22. Vlag van Griekeland  Griekeland 0.855 (  3)
  23. Vlag van Italië  Italië 0.854 (  5)
  24. Vlag van Luxemburg  Luxemburg 0.852 (  13)
  25. Vlag van Oostenryk  Oostenryk 0.851 (  11)
  26. Vlag van Verenigde Koninkryk  Verenigde Koninkryk 0.849 (  5)
  27. Vlag van Singapoer  Singapoer 0.846 (  5)
  28. Vlag van Tsjeggië  Tsjeggiese Republiek 0.841 (  8)
  29. Vlag van Slowenië  Slowenië 0.828 (Steady )
  30. Vlag van Andorra  Andorra 0.824 (  2)
  31. Vlag van Slowakye  Slowakye 0.818 (  11)
  32. Vlag van Verenigde Arabiese Emirate  Verenigde Arabiese Emirate 0.815 (  3)
  33. Vlag van Malta  Malta 0.815 (  5)
  34. Vlag van Estland  Estland 0.812 (  6)
  35. Vlag van Siprus  Siprus 0.810 (  3)
  36. Vlag van Hongarye  Hongarye 0.805 (  7)
  37. Vlag van Broenei  Broenei 0.805 (  7)
  38. Vlag van Katar  Katar 0.803 (  5)
  39. Vlag van Bahrein  Bahrein 0.801 (Steady )
  40. Vlag van Portugal  Portugal 0.795 (  6)
  41. Vlag van Pole  Pole 0.795 (Steady )
  42. Vlag van Barbados  Barbados 0.788 (  5)

Metodologie

wysig
 
MOI-neigings tussen 1975 en 2004

   OECD

   Sentraal- en Oos-Europa, en die CIS

   Latyns-Amerika en die Karibiese gebied

   Oos-Asië

   Arabiese State

   Suid-Asië

   Afrika suid van die Sahara

In die algemeen om 'n rou-veranderlike, sê maar  , na 'n eenheidslose indeks om te skakel (wat toelaat dat verskillende indekse by mekaar getel kan word), word die volgende formule gebruik:

  •  -index =  

waar   en   onderskeidelik die laagste en hoogste waardes is wat die veranderlike   kan bereik.

Die Menslike-ontwikkelingsindeks verteenwoordig dan die gemiddeld van die volgende drie algemene indekse:[4]

  • Lewensverwagtingindeks =  
  • Opvoedingsindeks =  
    • Volwassegeletterheidsindeks (VGI) =  
    • Bruto-inskrywingsindeks (BII) =  
  • BBP-indeks =  

LW: Lewensverwagting teen geboorte
VGI: Volwassegeletterheidsindeks (ouderdomme 15 en ouer)
GBIV: Gekombineerde bruto inskrywingsverhouding vir primêre, sekondêre en tersiêre opvoeding
BBPpc: BBP per capita teen koopkragpariteit in VSD

2006-verslag

wysig
 
Gekleurde wêreldkaart wat Menslike-ontwikkelingsindekswaardes vir 2004 illustreer

   0,950 en hoër

   0,900–0,949

   0,850–0,899

   0,800–0,849

   0,750–0,799

   0,700–0,749

   0,650–0,699

   0,600–0,649

   0,550–0,599

   0,500–0,549

   0,450–0,499

   0,400–0,449

   0,350–0,399

   0,300–0,349

   onder 0,300

   nie beskikbaar nie

(kleurblindheid aanpasbare kaart)

Die verslag vir 2006 is in Kaapstad, Suid-Afrika, op 9 November 2006 bekendgestel. Die fokus van die verslag was op "mag, armoede en die globale waterkrisis." [5] Meeste van die data wat vir die verslag gebruik is, dateer uit 2004 of te vore, wat dus 'n indeks vir 2004 verskaf. Nie alle VN-lidlande kies, of is in staat, om die statistiek wat benodig word, te verskaf nie.

Die verslag rapporteer 'n vertraging in wêreldwye Menslike-ontwikkelingsindeks aangesien die volgehoue verbeterings in ontwikkelde lande geneutraliseer is deur 'n algemene daling in die ontwikkelende lande. Lande in Afrika suid van die Sahara en Suid-Asië het beduidende dalings in die indeks beleef teenoor die waardes in die vorige verslag. Ander ontwikkelende lande het min of geen vooruitgang getoon nie.

'n Indekswaarde van minder as 0,5 word as verteenwoordigend van lae ontwikkeling gesien. 29 van die 31 lande in die kategorie is in Afrika, die ander twee in die kategorie is Haïti en Jemen. Die lande in Afrika suid van die Sahara wat die hoogste telling behaal het, Ekwatoriaal-Guinee en Suid-Afrika, het onderskeidelik die 120ste en 121ste plekke behaal met 'n waarde van 0.653).

'n Waarde van 0,8 of meer word as verteenwoordigend van hoë ontwikkelling gesien. Dit sluit in alle ontwikkelde lande soos die in Noord-Amerika, Wes-Europa, Oseanië, en Oos-Asië, asook sommige van die ontwikkelende lande in Oos-Europa, Sentraal- en Suid-Amerika, Suidoos-Asië, die Karibiese gebied, en die olieryke Arabiese Skiereiland.

Verwysings

wysig
  1. "Human Development Report 2019 – "Human Development Indices and Indicators"" (PDF). HDRO (Human Development Report Office) United Nations Development Programme. pp. 22–25. Besoek op 9 Desember 2019.
  2. "Davies, A. and G. Quinlivan (2006), A Panel Data Analysis of the Impact of Trade on Human Development, Journal of Socioeconomics" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 13 April 2008. Besoek op 14 Julie 2007.
  3. Toespraak deur Jean Chrétien, voormalige Eerste Minister van Kanada[dooie skakel]
  4. Technical note explaining the definition of the HDI Geargiveer 16 Maart 2007 op Wayback Machine, Besoek op 14 Julie 2007
  5. "The 2006 Human Development Report". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Oktober 2007. Besoek op 14 Julie 2007.