[go: nahoru, domu]

Organisasie van Islamitiese Samewerking

Die Organisasie van Islamitiese Samewerking (Arabies: منظمة التعاون الإسلامي, Munaẓẓamat at-Taʿāwun al-islāmī; Engels: Organisation of Islamic Cooperation, OIC; Frans: Organisation de la coopération islamique, OCI) is 'n internasionale organisasie wat uit 57 lande bestaan. Die organisasie poog om die kollektiewe stem van die Moslem-wêreld te verteenwoordig. Hulle doel is om die belange, vooruitgang en welsyn van Moslems te beskerm.

Vlag van die Organisasie van Islamitiese Samewerking sedert 2011
Vlag van die Organisasie van Islamitiese Samewerking tot 2011
Hoofkantoor van die Organisasie van Islamitiese Samewerking in Djedda, Saoedi-Arabië

Die OIC handhaaf 'n permanente afvaardiging by die Verenigde Nasies en is die grootste internasionale organisasie buite die VN.[1] Die amptelike tale van die OIC is Arabies, Engels en Frans. Die gesamentlike bevolking van die OIC word op ongeveer 1,6 miljard mense geskat. Die hoofkantoor van die OIS is in Djedda, Saoedi-Arabië, geleë.

Die OIS is op 25 September 1969 gestig en het aanvanklik 25 lede gehad. Hulle het hul naam op 28 Junie 2011 van Organisasie van Islamitiese Konferensie na die huidige naam verander.[2]

Lidlande

wysig
 
Lidlande van die OIS:

   Lidlande

   Waarnemende lande

   Opgeskorte lande

   Geblokkeerde lande

  1. Vlag van Afghanistan  Afghanistan (Stigtingslid)
  2. Vlag van Albanië  Albanië (sedert 1992)
  3. Vlag van Algerië  Algerië (Stigtingslid)
  4. Vlag van Azerbeidjan  Azerbeidjan (sedert 1992)
  5. Vlag van Bahrein  Bahrein (sedert 1972)
  6. Vlag van Bangladesj  Bangladesj (sedert 1974)
  7. Vlag van Benin  Benin (sedert 1983)
  8. Vlag van Broenei  Broenei (sedert 1984)
  9. Vlag van Burkina Faso  Burkina Faso (sedert 1974)
  10. Vlag van Comore-eilande  Comore-eilande (sedert 1976)
  11. Vlag van Djiboeti  Djiboeti (sedert 1978)
  12. Vlag van Egipte  Egipte (Stigtingslid)
  13. Vlag van Ivoorkus  Ivoorkus (sedert 2001)
  14. Vlag van Gaboen  Gaboen (sedert 1974)
  15. Vlag van Gambië  Gambië (sedert 1974)
  16. Vlag van Guinee  Guinee (Stigtingslid)
  17. Vlag van Guinee-Bissau  Guinee-Bissau (sedert 1974)
  18. Vlag van Guyana  Guyana (sedert 1998)
  19. Vlag van Indonesië  Indonesië (Stigtingslid)
  20. Vlag van Irak  Irak (sedert 1975)
  21. Vlag van Iran  Iran (Stigtingslid)
  22. Vlag van Jemen  Jemen (Stigtingslid)
  23. Vlag van Jordanië  Jordanië (Stigtingslid)
  24. Vlag van Kameroen  Kameroen (sedert 1974)
  25. Vlag van Kasakstan  Kasakstan (sedert 1995)
  26. Vlag van Katar  Katar (sedert 1972)
  27. Vlag van Kirgisië  Kirgisië (sedert 1992)
  28. Vlag van Koeweit  Koeweit (Stigtingslid)
  29. Vlag van Libanon  Libanon (Stigtingslid)
  30. Vlag van Libië  Libië (Stigtingslid)
  31. Vlag van Maleisië  Maleisië (Stigtingslid)
  32. Flag of the Maldives  Maledive (sedert 1976)
  33. Vlag van Mali  Mali (Stigtingslid)
  34. Vlag van Marokko  Marokko (Stigtingslid)
  35. Vlag van Mauritanië  Mauritanië (Stigtingslid)
  36. Vlag van Mosambiek  Mosambiek (sedert 1994)
  37. Vlag van Niger  Niger (Stigtingslid)
  38. Vlag van Nigerië  Nigerië (sedert 1986)
  39. Vlag van Oman  Oman (sedert 1972)
  40. Vlag van Pakistan  Pakistan (Stigtingslid)
  41. Palestinian flag  Palestynse Owerheid (Stigtingslid)
  42. Vlag van Saoedi-Arabië  Saoedi-Arabië (Stigtingslid)
  43. Vlag van Senegal  Senegal (Stigtingslid)
  44. Vlag van Sierra Leone  Sierra Leone (sedert 1972)
  45. Vlag van Soedan  Soedan (Stigtingslid)
  46. Vlag van Somalië  Somalië (Stigtingslid)
  47. Vlag van Suriname  Suriname (sedert 1996)
  48. Vlag van Tadjikistan  Tadjikistan (sedert 1992)
  49. Vlag van Togo  Togo (sedert 1997)
  50. Vlag van Tsjad  Tsjad (Stigtingslid)
  51. Vlag van Tunisië  Tunisië (Stigtingslid)
  52. Vlag van Turkye  Turkye (Stigtingslid)
  53. Vlag van Turkmenistan  Turkmenistan (sedert 1992)
  54. Vlag van Uganda  Uganda (sedert 1974)
  55. Vlag van Oesbekistan  Oesbekistan (sedert 1996)
  56. Vlag van Verenigde Arabiese Emirate  Verenigde Arabiese Emirate (sedert 1972)
  57. Vlag van Sirië  Sirië (sedert 1972, volgens die Siriese Burgeroorlog op 14 Augustus 2012 opgeskort)

Waarnemende lande

wysig
  1. Vlag van Bosnië en Herzegowina  Bosnië en Herzegowina (sedert 1994)
  2. Vlag van Sentraal-Afrikaanse Republiek  Sentraal-Afrikaanse Republiek (sedert 1997)
  3. Vlag van Thailand  Thailand (sedert 1998)
  4. Vlag van Turkse Republiek van Noord-Siprus  Turkse Republiek van Noord-Siprus (sedert 1979 as Moslem-Gemeenskap van Siprus, sedert 2004 as Turks-Sipriese Staat)
  5. Vlag van Rusland  Rusland (sedert 2005)

Opgeskorte lande

wysig
  1. Vlag van Egipte  Egipte ((1979–1984))
  2. Vlag van Sirië  Sirië (sedert 2012)

Geblokkeerde lande

wysig
  1. Vlag van Filippyne  Filippyne
  2. Vlag van Indië  Indië

Nielede

wysig
  1. Vlag van Arabiese Demokratiese Republiek Sahara  Arabiese Demokratiese Republiek Sahara

Sekretaris-generaal

wysig
 
Yousef Al-Othaimeen is die huidige Sekretaris-generaal van die Organisasie van Islamitiese Samewerking
Sekretarisse-generaal van die OIS sedert 1970:[3]
No. Naam Nasionaliteit Van Tot
1 Tunku Abdul Rahman Vlag van Maleisië  Maleisië 1970 1974
2 Hassan Tuhami Vlag van Egipte  Egipte 1974 1975
3 Amadou Karim Gaye Vlag van Senegal  Senegal 1975 1979
4 Habib Chatty Vlag van Tunisië  Tunisië 1979 1984
5 Syed Sharifuddin Pirzada Vlag van Pakistan  Pakistan 1984 1988
6 Hamid Algabid Vlag van Niger  Niger 1988 1996
7 Azzeddine Laraki Vlag van Marokko  Marokko 1996 2000
8 Abdelouahed Belkeziz Vlag van Marokko  Marokko 2000 2004
9 Ekmeleddin İhsanoğlu Vlag van Turkye  Turkye 2004 2014
10 Iyad bin Amin Madani Vlag van Saoedi-Arabië  Saoedi-Arabië 2014 2016
11 Yousef Al-Othaimeen Vlag van Saoedi-Arabië  Saoedi-Arabië 2016 hede

Verwysings

wysig
  1. (en) US Department of State. "Special Envoy to the Organisation of the Islamic Conference (OIC)". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Desember 2017. Besoek op 16 Februarie 2012.
  2. (en) OIC verander hul naam en embleem Geargiveer 23 Oktober 2014 op Wayback Machine, Pakistan Observer
  3. (en) rulers.org: Organization of Islamic Cooperation

Eksterne skakels

wysig