[go: nahoru, domu]

Paralimpiese Winterspele 2030

Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind.
Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak.
Sport
XVe Paralimpiese Winterspele
Paralimpiesespele van 2030

Gehou in Franse Alpe en Nice, Frankryk
Deelnemende lande
Deelnemende atlete
Items
Openingseremonie 8 Maart 2030
Sluitingseremonie 19 Maart 2030
Amptelik geopen deur
Atlete-eed
Beampte-eed
Olimpiese vlam
Vorige Spele 2026: Milaan/Cortina d'Ampezzo (Italië)
Volgende Spele 2034: Salt Lake City (VSA)

Die Paralimpiese Winterspele 2030 (Frans: Jeux paralympiques d'hiver de 2030) sal na verwagting tussen 8 en 19 Maart 2030 in die Franse Alpe en Nice, Frankryk, aangebied word.[1] Dit sal die 15de Paralimpiese Winterspele wees wat aangebied word en ná die Paralimpiese Winterspele van 1992 in Tignes-Albertville en die Paralimpiese Somerspele van 2024 in Parys die derde Paralimpiese Spele in Frankryk.

Die Olimpiese Winterspele 2030 sal tussen 8 en 24 Februarie (in die maand net voor die Paralimpiese Winterspele) ook in die Franse Alpe en Nice gehou word.

Toewysing

wysig

As deel van 'n formele ooreenkoms tussen die Internasionale Paralimpiese Komitee en die Internasionale Olimpiese Komitee uit 2001 is die wenner van die bod vir die Olimpiese Winterspele 2030 ook die gasheer vir die Paralimpiese Winterspele 2030.[2] Die Franse Alpe en Nice is op 24 Julie 2024 in Parys deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 2030.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 2030
Stad Land Stemme
Franse Alpe en Nice Vlag van Frankryk  Frankryk Verkies as 2030-gasheer
Salt Lake City Vlag van Verenigde State van Amerika  Verenigde State Verkies as 2034-gasheer

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. (en) "IOC elects French Alps 2030 as Olympic and Paralympic Winter Games host". Internasionale Olimpiese Komitee. 24 Julie 2024. Besoek op 26 Julie 2024.
  2. (en) Nick Hope (21 Mei 2012). "Paralympics 2012: London to host 'first truly global Games'". BBC. Besoek op 26 Julie 2024.


Paralimpiese Spele Logo van die Paralimpiese Spele 

Somerspele: Rome 1960Tokio 1964Tel Aviv 1968Heidelberg 1972Toronto 1976Arnhem 1980New York & Stoke Mandeville 1984Seoel 1988Barcelona 1992Atlanta 1996Sydney 2000Athene 2004Beijing 2008Londen 2012Rio de Janeiro 2016Tokio 2020Parys 2024Los Angeles 2028Brisbane 2032
Winterspele: Örnsköldsvik 1976Geilo 1980Innsbruck 1984Innsbruck 1988Tignes-Albertville 1992Lillehammer 1994Nagano 1998Salt Lake City 2002Turyn 2006Vancouver 2010Sotsji 2014Pyeongchang 2018Beijing 2022Milaan/Cortina 2026Franse Alpe 2030Salt Lake City 2034
Internasionale Paralimpiese KomiteeNasionale Paralimpiese Komitee