Rooihoutboom
Die rooihoutboom of Kaliforniese rooihout (Sequoia sempervirens) is inheems aan die kusstrook van Kalifornië en suidelike Oregon in die Verenigde State. Aan die Kaliforniese noordkus groei Hyperion, die hoogste boom wat nog ooit gemeet is. Dit het 'n hoogte van effe oor 115 meter en 'n stamdeursnit van knap onder 5 meter. Dit staan in die Redwoods Nasionale Park wat in 1968 verklaar is toe boskappers reeds 90% van die plaaslike rooihoutbome neergevel het. Die reuserooihout (Sequoiadendron giganteum) is 'n aanverwante spesie wat tot die Sierra Nevada beperk is, en die twee soorte word gevolglik nie saam aangetref nie. Dit groei nie so hoog as die rooihout nie, maar ontwikkel 'n veel dikker stam.[2]
Rooihoutboom | |
---|---|
S. sempervirens langs die US 199-roete | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | S. sempervirens
|
Binomiale naam | |
Sequoia sempervirens | |
Natuurlike verspreiding van rooihoutbome in die Sequoioideae subfamilie in Kalifornië
groen - Sequoia sempervirens
rooi - Sequoiadendron giganteum
|
Suid-Afrikaanse aanplantings
wysigDie rooihout, S. sempervirens, aard goed in Suid-Afrika en is by verskillende plantasies in die Wes-Kaap, Oos-Kaap en Limpopo aangeplant. Sommige van hierdie aanplantings is as kampioenbome aangewys en word dus ingevolge die Nasionale Bosbouwet (Wet nr. 84 van 1998) beskerm.[2] Die eerste aanplantings dateer van 1887 toe Joseph Stor Lister besig was om 'n arboretum by Tokai aan die ooshang van Tafelberg te vestig. Hier, langs indrukwekkende Montereydenne, groei 'n groep rooihoute wat na 135 jaar reeds 'n hoogte van 51 meter en stamdeursnitte van oor 'n meter bereik het. In 1907 is rooihoute te Grootvadersbosch naby Swellendam aangeplant en dié groei al 58 meter hoog. Die Harkerville-reuse, 48 meter hoog, is in 1925 oos van Knysna aangeplant, en 'n fietsryroete doen tans hier aan. By Bibby's Hoek, noordwes van Knysna, is 'n verdere groep van sowat 40 bome wat egter nog nie aan kampioenstatus voldoen nie. Die Hogsback-rooihoutreuse van die Oos-Kaap groei 55 meter hoog, en die dikste stamme is meer as 2 meter in deursnee. In die 1940's is die Misty Grove van die Woodbush-plantasie naby Haenertsburg, Limpopo, aangeplant. Hulle ryk al 59 meter opwaarts, alhoewel hul stamme net knap oor 'n meter dik is.[2]
Fotogalery
wysig-
Bastekstuur -
Stam en loof -
Naalde en keëls
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ Farjon, A. & Schmid, R. (2011). "Sequoia sempervirens". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2013.2. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 2 Januarie 2014.
{{cite web}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp)AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - ↑ 2,0 2,1 2,2 Esterhuyse, Neels; von Breitenbach, Jutta; Soehnge, Hermien; van der Merwe, Izak (2016). Remarkable Tree of South Africa, Table 4: Champion trees in South Africa (2de uitg.). Pretoria: Briza. pp. 51–61. ISBN 978-1-920217-66-2.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Rooihoutboom.