[go: nahoru, domu]

Wêreldtoetskampioenskap 2021–2023

Die Wêreldtoetskampioenskap 2021–2023 (Engels: 2021–2023 ICC World Test Championship) is van 4 Augustus 2021 tot 11 Junie 2023 beslis. Dit was die tweede Wêreldtoetskampioenskap in toetskrieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is. Dit het op 4 Augustus 2021 begin met die eerste toets in die Pataudi-trofeereeks en geëindig op 11 Junie 2023 met die eindstryd op The Oval, Londen, Engeland.

Wêreldtoetskampioenskap 2021–2023

Kenteken van die Wêreldtoetskampioenskap
Datums 4 Augustus 2021 – 11 Junie 2023
Bestuurder Internasionale Krieketraad (IKR)
Krieketformaat Toetskrieket
Toernooiformaat Liga en eindstryd
Gashere verskeie
Kampioen Vlag van Australië Australië (1ste titel)
Naaswenner Vlag van Indië Indië
Deelnemers 9
Wedstryde gespeel 70
Meeste lopies Vlag van Engeland Joe Root (1915)[1]
Meeste paaltjies Vlag van Australië Nathan Lyon (88)[2]
Die Wêreldtoetskampioenskap 2021–2023 se eindstryd is op The Oval in Londen beslis

Aan die Wêreldtoetskampioenskap 2021–2023 het nege van die destydse twaalf toetslande deelgeneem, waarvan elke span ’n toetsreeks teen ses van die ander agt ander spanne gespeel het. Elke reeks het tussen twee en vyf wedstryde behels, dus het elke span ses reekse gespeel (elk drie tuis en weg); daar is egter nie met dieselfde aantal toetswedstryde vir elke span beplan nie. Elke span kon tydens elke reeks ’n maksimum 120 wedstrydpunte insamel en die twee spanne met die meeste wedstrydpunte het in die eindstryd ontmoet.[3] In die geval van ’n gelykop of onbesliste eindstryd sou albei spanne die trofee deel.

Van die toetsreekse in die Wêreldtoetskampioenskap was deel van langer aaneenlopende reekse, soos die As-reeks 2021/22. Van die nege deelnemende spanne sou ook bykomende toetswedstryde in die tydperk speel, wat nie deel was van die Wêreldtoetskampioenskap nie, maar wel van die IKR se Toekomstige Toerprogram vir 2018–23, veral om toetswedstryde aan die drie toetslande te besorg wat nie aan die Wêreldtoetskampioenskap 2021–2023 deelgeneem het nie.[4]

Beide Australië en Indië het hul plek in die eindstryd op The Oval in Londen tydens die Border-Gavaskar-trofee bespreek, Australië op 5 Maart nadat hulle die derde toets gewen het[5] en Indië nadat die vierde toetswedstryd op 13 Maart 2023 onbeslis geëindig het.[6] Australië het die eindstryd met 209 lopies gewen, waarvolgens hulle die eerste span geword het om al die IKR-trofee in te palm.[7]

Tabel

wysig
Plek Span Toetsreekse Toetwsedstryde M. pte. Pte ± Pers
Rek Wen Ver Onb Wed Wen Ver Onb Gel
1 Vlag van Australië  Australië 6 4 2 1 19 11 3 5 0 228 152 0 66.7
2 Vlag van Indië  Indië 6 4 1 1 18 10 5 3 0 216 127 5 58.8
3 Vlag van Suid-Afrika  Suid-Afrika 6 3 2 1 15 8 6 1 0 180 100 0 55.6
4 Vlag van Engeland  Engeland 6 3 2 1 22 10 8 4 0 264 124 12 47
5 Vlag van Sri Lanka  Sri Lanka 6 2 2 2 12 5 6 1 0 144 64 0 44.44
6 Vlag van Nieu-Seeland  Nieu-Seeland 6 1 2 3 13 4 6 3 0 156 60 0 38.46
7 Vlag van Pakistan  Pakistan 6 1 2 3 14 4 6 4 0 168 64 0 38.1
8 Vlag van Wes-Indië  Wes-Indië 6 2 3 1 13 4 7 2 0 156 54 2 34.6
9 Vlag van Bangladesj  Bangladesj 6 0 4 2 12 1 10 1 0 144 16 0 11.1
Laaste keer hersien: 11 Junie 2023.[8]

Toetsreekse

wysig
Begin Tuisspan Wegspan Uitslae Punte
2021-seisoen
4 Augustus 2021 Vlag van Engeland  Engeland Vlag van Indië  Indië (2–1) [5] (14–26)
12 Augustus 2021 Vlag van Pakistan  Pakistan Vlag van Wes-Indië  Wes-Indië 1–1 [2] 12–12
2021/22-seisoen
21 November 2021 Vlag van Sri Lanka  Sri Lanka Vlag van Wes-Indië  Wes-Indië 2–0 [2] 24–0
25 November 2021 Vlag van Indië  Indië Vlag van Nieu-Seeland  Nieu-Seeland 1–0 [2] 16–4
26 November 2021 Vlag van Bangladesj  Bangladesj Vlag van Pakistan  Pakistan 0–2 [2] 0–24
8 Desember 2021 Vlag van Australië  Australië Vlag van Engeland  Engeland 4–0 [5] 52–4
26 Desember 2021 Vlag van Suid-Afrika  Suid-Afrika Vlag van Indië  Indië 2–1 [3] 24–11
1 Januarie 2022 Vlag van Nieu-Seeland  Nieu-Seeland Vlag van Bangladesj  Bangladesj 1–1 [2] 12–12
17 Februarie 2022 Vlag van Nieu-Seeland  Nieu-Seeland Vlag van Suid-Afrika  Suid-Afrika 1–1 [2] 12–12
25 Februarie 2022 Vlag van Indië  Indië Vlag van Sri Lanka  Sri Lanka 2–0 [2] 24–0
3 Maart 2022 Vlag van Pakistan  Pakistan Vlag van Australië  Australië 0–1 [3] 8–20
8 Maart 2022 Vlag van Wes-Indië  Wes-Indië Vlag van Engeland  Engeland 1–0 [3] 18–8
30 Maart 2022 Vlag van Suid-Afrika  Suid-Afrika Vlag van Bangladesj  Bangladesj 2–0 [2] 24–0
2022-seisoen
15 Mei 2022 Vlag van Bangladesj  Bangladesj Vlag van Sri Lanka  Sri Lanka 0–1 [2] 4–16
2 Junie 2022 Vlag van Engeland  Engeland Vlag van Nieu-Seeland  Nieu-Seeland 3–0 [3] 32–0
16 Junie 2022 Vlag van Wes-Indië  Wes-Indië Vlag van Bangladesj  Bangladesj 2–0 [2] 24–0
29 Junie 2022 Vlag van Sri Lanka  Sri Lanka Vlag van Australië  Australië 1–1 [2] 12–12
16 Julie 2022 Vlag van Sri Lanka  Sri Lanka Vlag van Pakistan  Pakistan 1–1 [2] 12–12
17 Augustus 2022 Vlag van Engeland  Engeland Vlag van Suid-Afrika  Suid-Afrika 2–1 [3] 24–12
2022/23-seisoen
30 November 2022 Vlag van Australië  Australië Vlag van Wes-Indië  Wes-Indië 2–0 [2] 24–0
1 Desember 2022 Vlag van Pakistan  Pakistan Vlag van Engeland  Engeland 0–3 [3] 0–36
14 Desember 2022 Vlag van Bangladesj  Bangladesj Vlag van Indië  Indië 0–2 [2] 0–24
17 Desember 2022 Vlag van Australië  Australië Vlag van Suid-Afrika  Suid-Afrika 2–0 [3] 28–4
27 Desember 2022 Vlag van Pakistan  Pakistan Vlag van Nieu-Seeland  Nieu-Seeland 0–0 [2] 8–8
9 Februarie 2023 Vlag van Indië  Indië Vlag van Australië  Australië 2–1 [4] 28–16
28 Februarie 2023 Vlag van Suid-Afrika  Suid-Afrika Vlag van Wes-Indië  Wes-Indië 2–0 [2] 24–0
9 Maart 2022 Vlag van Nieu-Seeland  Nieu-Seeland Vlag van Sri Lanka  Sri Lanka 2–0 [2] 24–0

Verwysings

wysig
  1. (en) "Records in ICC World Test Championship, 2021–2023 – Most runs". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2023.
  2. (en) "Records in ICC World Test Championship, 2021–2023 – Most wickets". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2023.
  3. (en) "FAQS ON WTC 2021–23" (PDF). Internasionale Krieketraad. Besoek op 16 Junie 2023.
  4. (en) "Men's Future Tour Programme 2018–2023 released". Internasionale Krieketraad. 20 Junie 2018. Besoek op 16 Junie 2023.
  5. (en) Hemant Brar (3 Maart 2023). "Travis Head leads charge to seal emphatic chase for Australia". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2023.
  6. (en) Sidharth Monga (13 Maart 2023). "India take series 2–1 after tedious draw on lifeless Ahmedabad pitch". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2023.
  7. (en) Sidharth Monga (11 Junie 2023). "Boland breaks India's resistance as Australia claim WTC title". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2023.
  8. (en) "ICC World Test Championship 2021–2023 Table". ESPNCricinfo. Besoek op 16 Junie 2023.

Eksterne skakels

wysig


Wêreldtoetskampioenskap  

Wêreldtoetskampioenskap 2019–2021Wêreldtoetskampioenskap 2021–2023Wêreldtoetskampioenskap 2023–20252025–20272027–20292029–2031