14 Oktober
datum
<< | Oktober 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | ||
6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 |
13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 |
20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 |
27 | 28 | 29 | 30 | 31 | ||
Al die dae |
14 Oktober is die 287ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (288ste in skrikkeljare). Daar volg nog 78 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 1066 – Die Slag van Hastings: Die Normandiese invalsmag van Willem die Veroweraar verslaan die Engelse weermag en dood Harold Godwinson, die laaste Angel-Saksiese koning van Engeland by Hastings.
- 1652 – Antonio Pignatelli, (later Pous Innocentius XII) word titulêr aartsbiskop van Larissa in Thessalië.
- 1828 – Op 'n vergadering in Kaapstad word besluit om die Suid-Afrikaanse Kollege (voorloper van die UK en SACS, te stig.
- 1856 – NG gemeente Dordrecht gestig.
- 1899 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Beleg van Kimberley begin.
- 1939 – Tweede Wêreldoorlog: Die Duitse duikboot U47 onder beheer van Kaptein Günther Prien dring Scapa Flow binne en kelder HMS Royal Oak.
- 1947 – Die Amerikaanse vlieënier Chuck Yeager breek deur die klankgrens in die Bell X-1-vliegtuig.
- 1981 – Hosni Mubarak word verkies tot president van Egipte, 'n week na die sluipmoord op Anwar Sadat.
Geboortes
- 1633 – Jakobus II, koning van Engeland († 1701).
- 1890 – Dwight D. Eisenhower, Generaal in die Amerikaanse Weermag en 34ste President van die Verenigde State († 1969).
- 1906 – Hannah Arendt, Joods-Amerikaanse politieke teoretikus van Duitse afkoms († 1975).
- 1925 – Phillip Tobias, Suid-Afrikaanse paleontoloog († 2012).
- 1927 – Roger Moore, Engelse akteur († 2017).
- 1989 – Albert de Wet, Afrikaanse sanger.
Sterftes
- 222 – Pous Callixtus I, 16de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 155).
- 530 – Teenpous Dioscurus (* onbekend).
- 1066 – Harold Godwinson, koning van Engeland (* ±1022).
- 1423 – Frederik van Blankenheim, biskop van Utrecht.
- 1940 – Anje Hendriks Strik, ma van Hendrik Frensch Verwoerd (* 1873).
- 1965 – Attie van Heerden, Suid-Afrikaanse Olimpiese atleet en rugbyspeler (* 1898).
- 1951 – Die Suid-Afrikaanse skrywer Herman Charles Bosman, bekend vir sy stories van oom Schalk Lourens van die Groot Marico (* 1905).
- 2015 – Francois van Heyningen, Suid-Afrikaanse akteur, sanger, skrywer en radio-omroeper (* 1935).
- 2015 – Ahmed Kérékou, Beninse politikus en twee keer president van dié land (* 1933).
Vakansies, vierings, en gedenkdae
- Feesdag van Pous Callixtus I van die Rooms-Katolieke Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 14 October. |