20 September
datum
<< | September 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | |||||
Al die dae |
20 September is die 263ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (264ste in skrikkeljare). Daar volg nog 102 dae tot die einde van die jaar.
Gebeure
- 827 – Pous Gregorius IV volg Pous Valentinus op.
- 1277 – Pous Johannes XXI gekroon.
- 1342 – Pous Clemens VI benoem vyf van sy familielede tot kardinale en in 1348 nog drie.
- 1378 – Teenpous Clemens VII word verkies en die Westerse Skisma begin.
- 1493 – Pous Alexander VI stel twaalf nuwe kardinale aan waaronder sy seun Cesare Borgia en Alessandro Farnese (later Pous Paulus III) famililid van sy minnares Guilia Farnese.
- 1499 – Giuliano della Rovere (later Pous Julius II) word biskop van Savona.
- 1562 – Die Verdrag van Hampton Court, waarvolgens Engelse troepe na Rouen (die historiese hoofstad van Normandië), Frankryk, gestuur sou word om aan die Protestante hulp te verleen, word onderteken.
- 1728 – Pous Benedictus XIII stel Pierluigi Carafa junior (titulêre aartsbiskop van Larissa) en Giuseppe Accoramboni (biskop van Imola) aan as kardinale.
- 1784 – Pous Pius VI stel Giovanni Andrea Archetti, titulêre aartsbiskop van Kalsedonië, aan as kardinaal.
- 1829 – Die NG gemeente Wynberg stig af van die NG gemeente Kaapstad.
- 1839 – Die eerste spoorlyn in Nederland, tussen Haarlem en Amsterdam, word amptelik geopen.
- 1854 – Die Britse troepeskip Charlotte vergaan in Algoabaai.
- 1879 – Pous Pius IX kapituleer en koning Victor Emmanuel lyf Rome in by Italië.
- 1932 – Vier maande ná die voltooiing van die Afsluitdyk in Nederland word die naam van die Suidersee amptelik gewysig na Ijsselmeer.
Geboortes
- 1551 – Hendrik III, koning van Frankryk.
- 1778 – Fabian Gottlieb von Bellingshausen in Saaremaa (Ösel) in Estland. As bevelvoerder van die tweede Russiese om die wêreldvaart word hy een van drie mense om Antarktika vir die eerste keer waar te neem († 1852).
- 1859 – John William Jagger, Suid-Afrikaanse kabinetsminister en sakeman († 1930).
- 1904 – P.J. Schoeman, 'n Afrikaanse skrywer († 1988).
- 1960 – Wouter Kellerman, Grammy-genomineerde Suid-Afrikaanse fluitspeler.
- 1975 – Juan Pablo Montoya, Colombiaanse Formule Eenrenjaer.
Sterftes
- 1898 – Theodor Fontane, Duitse skrywer en joernalis (* 1819).
- 1921 – Jules Porgès, Frans-Suid-Afrikaanse entrepreneur en Randlord (* 1839).
- 1943 – Ferdinand von Sammern-Frankenegg, Duitse SS-bevelvoerder (* 17 Maart 1897)
- 1943 – Andrew Murray McGregor, predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, waarvan 'n kwarteeu in die NG gemeente Drieankerbaai, Kaapstad (* 1873).
- 2010 – S.J.A. de Villiers, skrywer van seker die mees bekende kookboek in Suid-Afrika, Kook en Geniet (* 1919).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Feesdag van Pous Agapetus I in die Rooms-Katolieke Kerk, die Ortodokse Kerk vier dit op 22 April.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 20 September. |