Georg Tintner: Verskil tussen weergawes
Geskrapte inhoud Bygevoegde inhoud
No edit summary |
No edit summary |
||
Lyn 23:
Tintner is beskryf as "een van die grootste lewende [[Anton Bruckner|Bruckner]] dirigente." Hy het kort voor die einde van sy lewe 'n prysenswaardige siklus van die volledige simfonieë van [[Anton Bruckner|Bruckner]] vir [[Naxos Plate-etiket|Naxos]] opgeneem (opname sessies: 1995-1998). <ref>[http://www.classical.net/music/recs/reviews/n/nxs01101b.php Georg Tintner's Bruckner CD box - Classical Net review]</ref> Benewens die elf simfonieë, sluit hierdie siklus Bruckner se ''1876 Adagio'' en die 1878 ''Volksfest Finale'' in.<ref>[http://www.abruckner.com/sitesearch/searchdiscographyd/default.htm?search=tintner Diskografie van Bruckner se simfonieë deur Georg Tintner]</ref>
Naxos het ook 'n spesiale ''"Tintner Gedenkuitgawe"'' vrygestel wat bestaan uit heruitgawes van sommige van sy vroeëre opnames van die werke van ander komponiste as Bruckner. 'n Album van Tintner se klaviermusiek is ook deur dieselfde etiket vrygestel, welke 'n kant van die man onthul wat sedert sy studentedae lank reeds vergete was. Van sy eie vroeë komposisies is opgeneem; naamlik die Vioolsonate, klaviersonate, ''Trauermusik '', die ''Chopin-variasies'' en die Prelude.
Sy dogter was die danser Hephzibah Tintner (1971–2001), wat hy na die pianis [[Hephzibah Menuhin]] vernoem het. <ref>[http://htfoundation.com.au/hephzibah_tintner.htm Hephzibah Tintner-stigting]</ref> Sy was die minnares van die destydse burgemeester van Sydney en latere staatspolitikus van die [[Nieu-Suid-Wallis]] Arbeidersparty, Frank Sartor. <ref>[http://www.smh.com.au/articles/2002/06/01/1022569844252.html Miranda Devine, ''Cancer fight gets personal for Sartor'', Sydney Morning Herald, 2 Junie 2002]</ref>
|