[go: nahoru, domu]

Mielie: Verskil tussen weergawes

Content deleted Content added
k Wêreldspektrum-skakel, replaced: * Wêreldspektrum, 1982 → * Wêreldspektrum, 1982 using AWB
 
Lyn 28:
 
== Gebruike ==
Mielies word vandag vir verskeie doeleindes geplant. In die [[VSA]] en [[Kanada]] word mielies hoofsaaklik vir veevoer gebruik. Benewens gebruik as graan- en ontbytkosse, word dit ook tot industriële produkte soos [[papier]], [[gom]], [[tekstiel|tekstielware]]ware, [[metanol]] en [[etanol]] verwerk. Die proses om laasgenoemde 2 neweprodukte as brandstof te gebruik, is reeds in lande soos [[Brasilië]] van stapel gestuur. Wanneer reg behandel kan tot stroop uit 'n mielie getap word, selfs graan[[whiskey]] word van die veelsydige plant gemaak.
 
[[Etanol]] verkry uit mielies word gebruik om die konsentrasie alkohol te verhoog (10% of meer) wat in brandstowwe gebruik word. Die oktaanvlak daal in dié geval en verlaag dan ook besoedeling. Mieliepap is die stapelvoedsel vir baie lande soos [[Italië]], [[Meksiko]], die VSA en [[Suid-Amerika]]. Dit word ''adza'', ''nshime'', ''ugla'' en ''mieliepap'' in [[Afrika]] genoem.
Lyn 110:
Snywurms kom snags na die grondoppervlak en vreet die plant van onder af sodat 'n hele saailand soms vernietig word. Volgroeide stamrusperwurms, wat beheer kan word deur vroegtydig te ploeg, leef weer in die reste van vorige oeste. Die wurms wat oorleef, se motte lê hul eiers op die blare en stamme van jong mielieplantjies, en die klein, swart wurmpies vreet later "venstertjies" in die mielieblare en kruip in die stingel op na die sagte plantdele. Die plaag moet dikwels bestry word deur herhaalde behandelings met vloeibare of gekorrelde chemiese [[insekdoder]]s wat op die plante gesproei word.
 
Ander minder ernstige plae is die bontmieliekewer, die mieliekopkewer, die bruinkewer (doodhouertjies), [[plantluis]]e en die [[kommandowurm]]. Die bontmieliekewer berokken skade aan die pluime en baard van die mieliekop, terwyl die swart mieliekewer, wat veral in die [[Vrystaat]] voorkom, die jong plant onder die grondoppervlak aanval. Die mieliekopwurm vreet weer die jong mieliepitte.
 
Die bruinkewer is veral in [[Noordwes]] 'n probleem. Dit rig skade aan van die oomblik wanneer die plant opkom totdat die mielieplant ongeveer 20 cm hoog is; plantluise val die mielies aan wanneer die koppe begin vorm en kommandowurms kan binne 'n kort tyd 'n hele oes vernietig. Mieliesiektes kan oesverliese van tot 40 % tot gevolg hê en word met saadbehandeling, wisselbou, ploeg, bastersaadteling en 'n reeks voorkomende maatreëls beheer. Siektes wat deur saadbehandeling beheer kan word, is fusarium (saadvrot), droëkopvrot (diplodia), pienk kopvrot en pluim- of kopbrand.
Lyn 123:
Die plantproses is een van die belangrikste aspekte van mielieverbouing en die korrekte plantestand en egalige verspreiding van die sade moet noukeurig toegepas word. Die planttyd is van die uiterste belang en hang van die reënval en saadvarieteit of kultivar af. Vroeë aanplantings in Oktober is verkieslik, maar omdat mielies nie besproei word nie en die boer dus van die eerste reëns afhanklik is, kan dit soms gebeur dat hy eers in Desember moet saai.
 
Die groeiperiodes van die verskillende kultivars bepaal ook die geskikte plantdatum en sekere sade aard beter in bepaalde grondtipes. Mielies word meestal op 'n diepte van 6 tot 12  cm geplant en die rye is 90 cm of 225 cm uitmekaar met afstande van 20 cm tot 60 cm tussen elke pit. Die tremspoorstelsel, waar volgens die rye alternatief na en ver uitmekaar gespasieer word, word ook toegepas. Hoewel 'n reënneerslag van 50 mm nodig is voordat daar geplant behoort te word, kan ʼn boer met die korrekte voghoudende grondbewerking na 'n neerslag van slegs 10 mm saai. Wanneer die reën wegbly, word boere soms genoodsaak om droog te plant.
 
Op die [[Hoëveld]] en in die Oos-Vrystaat wissel die planttyd van middel Oktober tot einde November, en in Gauteng, die Noordwes-Vrystaat en dele van Natal word daar tot in Desember geplant. Die groeitydperk van mielies verskil na gelang van klimaatsveranderings en saadvarieteite. Die plantjies neem 8 tot 10 dae om uit te skiet en na ongeveer 70 dae word die mielies bevrug en begin die mieliekoppe ontwikkel. Na sowat 3 maande, wanneer die voginhoud van die pitte 60 tot 70 % (Desember - Januarie) is, word die koppe gepluk en as groenmielies bemark. Na 135 tot 150 dae staan die mielies, afhangende van die [[kultivar]], van 2 m tot 3,65 m hoog en is die voggehalte 14 tot 18 %.
Lyn 245:
 
== Bronne ==
* [[Wêreldspektrum]], 1982, ISBN 0908409605, volume 19, bl. 44
 
== Eksterne skakels ==
Lyn 259:
 
{{Taksonbalk}}
 
[[Kategorie:Graan]]
[[Kategorie:Uitheemse plante van Suid-Afrika]]