[go: nahoru, domu]

Mielies is 'n graangewas wat oorspronklik in Meso-Amerika verbou is, en daarna oor die Amerikaanse kontinente en ook die res van die wêreld versprei is.

Mielie
Illustrasie van verskeie dele van 'n mielieplant
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
Z. mays
Binomiale naam
Zea mays
Mielieplante groei groen en geil

Gebruike

Mielies word vandag vir verskeie doeleindes geplant. In die VSA en Kanada word mielies hoofsaaklik vir veevoer gebruik. Mielies as graan het ook baie industriële gebruike soos die verwerking na plastiek en materiaal. Wanneer reg behandel kan tot stroop uit 'n mielie getap word, selfs graanwhiskey word van die veelsydige plant gemaak. Etanol verkry uit mielies word gebruik om die konsentrasie alkohol te verhoog (10% of meer) wat in brandstowwe gebruik word. Die oktaanvlak daal in dié geval en verlaag dan ook besoedeling. Mieliepap is stapelvoedsel vir baie lande soos Italië, Meksiko, die VSA en Suid-Amerika. Dit word adza, nshime, ugla en mieliepap in Afrika genoem.

Oorsprong

Mielies is oorspronklik in Meso-Amerika aangeplant, waarna dit deur die res van Amerika versprei. In die laat 15de en vroeë 16de eeu is mielies verder oor die wêreld versprei, nadat Europa kontak gemaak het met die Amerikas. Die Afrikaanse benaming vir die graan is afkomstig van die Middelnederlandse woord "milie", wat as "Turkse koring" omskryf is. Die Nederlandse vorm is weer afkomstig van die Portugese "milho", indirek verwant aan die Latynse "mille" ("duisende"), wat verwys na die groot aantal saadkorreltjies wat in die aar voorkom. Mielies was een van die eerste aangeplante genetiesgemodifiseerde plantsoorte.

Daar is baie natuurlike vyande vir 'n mielie bv. voëls, rotte en insekte.

Top mielieproduserende lande (2012)

Lêer:MaizeYield.png
Mielieproduserende lande
Rang Land Miljoen metrieke ton
1 Vlag van Verenigde State van Amerika  VSA 273.83
2 Vlag van Volksrepubliek China  Sjina 208.26
3 Vlag van Brasilië  Brasilië 71.3
4 Vlag van Argentinië  Argentinië 25.7
5 Vlag van Meksiko  Meksiko 22.06
6 Vlag van Indië  Indië 21.06
7 Vlag van Oekraïne  Oekraïne 20.96
8 Vlag van Indonesië  Indonesië 19.38
9 Vlag van Frankryk  Frankryk 15.61
10 Vlag van Suid-Afrika  Suid-Afrika 12.5

Sien ook

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.