[go: nahoru, domu]

Die NG gemeente Dutoitspan is die oudste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Kimberley, hoewel die gemeente wat die latere stad se naam dra en vroeër Vooruitzicht geheet het, NG gemeente Kimberley, eerste 'n eie leraar beroep en bevestig het. Die twee gemeentes is kort na mekaar in 1872 gestig.

Ds. Abraham Kriel, leraar van 1881 tot 1893, toe hy Langlaagte toe is waar hy die Langlaagte-weeshuis begin het.
Ds. W.F.P. Marais, leraar van 1896 tot 1912.
Ds. Jacob Rabie, 1913 - 1916.
Ds. en mev. Johannes Visser. Hy was van predikant hier van 1945 af.
Ds. J.H. Frier, leraar van 1964 tot 1968.
Ds. H.C. de Wet, leraar van 1974 tot 1985.

As gevolg van die proklamasie van sir Henry Barkly in 1871 het die diamantvelde binne 'n grondgebied geval wat nie deur die NG Kerk van die Kaap of Vrystaat gedek is nie. Die Vrye Gemeentes van Dutiotspan en Vooruitzicht kon dus nie deur een of ander Ring van die genoemde Kerke "afgestig" word, soos die gebruik was, nie.

Die Kaapse Sinode het egter tydens sy sitting in 1870, met dr. Philip Eduard Faure van die NG gemeente Wynberg as moderator, die noodsaaklikheid van die geestelike bearbeiding van die delwers besef en besluit om 'n afgevaardigde na die diamantveld te stuur. Die keuse het geval op ds. G.W. Stegmann sr. en op 16 Februarie 1871 vertrek hy na Dutiotspan.

In Julie 1871 het 'n vergadering van die lidmate van die NG Kerk op Dutoitspan byeengekom om die eerste kerktent-komitee te kies. Op 10 April 1872 is 'n versoek voor die Ring van Fauresmith gelê om te vra dat die gemeentes van Dutoitspan en New Rush (Kimberley) gestig moet word. Dutiotspan was die eerste werkkring van die NG Kerk hier en is die oudste gemeente van die Kerk op die diamantveld. Die plaaslike ring het lank die naam Dutoitspan gedra, waarna Kimberley 'n afsonderlike ring geword het, net om eindelik met Dutoitspan saam te smelt onder die naam Ring van Kimberley toe daar te min gemeentes oorgebly het om twee ringe te regverdig. Dit was nadat die gemeentes Kimberley-Noord, -Suid en -Militêr in 1999 as Kimberley-Harmonie saamgesmelt het.

Vandag het die NG gemeente Dutoitspan amper duisend belydende lidmate en twee medeleraars.

Enkele leraars

  • Stephanus Hendrik Kuhn, 1877 - 1880
  • Abraham Kriel, 1881 - 1893
  • Stefanus Jacobus Perold, 1893 - 1895
  • Willem Francois Petrus Marais, 1896 - 1912
  • Jacob Rabie, 1913 - 1916
  • Christiaan Rudolph Kotzé, 1916 - 1918
  • Stephanus de Villiers, 1919 - 1926
  • Jozua Francois Naudé jr., 1940 - 1945
  • Johannes Visser, 1945 - ?
  • Cornelis Theron, 1953 - 1957
  • Hermanus Louwrens Burger, 1954 - 1955 (eerste leraar van dogtergemeente Diamantveld)
  • A.P. Smit, 1958 - ?
  • Johannes Hermanus Frier, 1964 - 1968
  • Hendrik Christoffel de Wet, 5 Oktober 1974 - 7 April 1985
  • Lucas Marthinus Coreejes, 19 Desember 1987 - 1995

Bronne