[go: nahoru, domu]

The Tempest ("Die Storm") is 'n toneelstuk deur William Shakespeare. Die presiese oorspronklike datum van die toneelstuk word nog betwis, maar bewyse plaas dit tussen 1603 en 1611. Alhoewel dit as 'n komedie beskryf word in die Eerste folio, het moderne redakteurs dit as 'n romanse herdoop. Die toneelstuk het met sy skepping nie baie aandag getrek nie en was groottendeels geïgnoreer. In die 20ste eeu het die toneelstuk egter 'n her-evaluering ondergaan en word tans as een van Shakespeare se beste werke beskou.[1]

'n Toneel uit The Tempest deur William Hogarth (ongeveer 1728)

The Tempest is ook in Afrikaans vertaal deur Tjaart Potgieter en onder die titel "Die Storm" uitgegee. Anna Neethling-Pohl het die toneelstuk ook in Afrikaans vertaal en alhoewel dit deur talle teaters gebruik was, is dit vandag nie kommersieel verkrygbaar nie.

Notas

  1. 'n Seleksie van die groot aantal werke oor The Tempest. Sien: Gerald Graff en James Phelan, The Tempest: A Case Study in Critical Controversy, London, MacMillan, 2000; Frances A. Yates, Shakespeare's Last Plays: A New Approach, London, Routledge & Kegan Paul, 1975; Frances A. Yates, The Occult Philosophy in the Elizabethan Age, London, Routledge & Kegan Paul, 1979.