[go: nahoru, domu]

Gaan na inhoud

Suid-Afrikaanse etniese groepe en kulture

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur HOENDER (besprekings | bydraes) op 05:41, 1 Oktober 2007 (Nuwe blad: Suid-Afrika staan bekend as die "Reënboognasie" weens sy unieke etno-kulturele verskeidenheid. Alhoewel die Khoisan of Boesmans erken word as die oudste inwoners van Suid-Afr...)
(verskil) ← Ouer weergawe | bekyk huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)

Suid-Afrika staan bekend as die "Reënboognasie" weens sy unieke etno-kulturele verskeidenheid. Alhoewel die Khoisan of Boesmans erken word as die oudste inwoners van Suid-Afrika, getuig die Nguni-sprekende volkere soos die Zoeloe, Ndebele en Swazi ook van ons gemeenskaplike menslikheid en erfenis. In hierdie artikel - die eerste van 'n driedelige reeks oor die breër kulturele groepe in Suid-Afrika - word die geskiedenis en kultuur van die Nguni-sprekende etniese groepe kortliks onder die loep geneem.

Die Ndebele word die kunstenaarsvolk genoem, hoofsaaklik omdat hulle artistieke uitdrukking gevind het in hul opvallende kleredrag, muurversierings en die oordadige kralewerk van hul kultuur. Hul bekende muurkuns, met die vrye hand en meestal deur vroue gedoen, weerspieël hul aangebore talent, toewyding aan kuns en dringende begeerte om hulle in kleur en ontwerp uit te druk. Fotozone

Die etniese kulture van Suid-Afrika behoort aan 'n aantal breër kulturele en linguistiese groepe. Nege groepe kan uitgesonder word:

  • Die Sotho, bestaande uit die (1) Noord-Sotho, (2) die Suid-Sotho en (3) die Wes-Sotho.
  • Die (4) Sjangaan, (4) Tsonga en (5) Venda van die noordelike streke, wat as eiesoortige groepe onderskei word.
  • Die grootste groep is die Nguni, wat bestaan uit die (6) Zoeloe-, (7) Swazi-, (8) Xhosa- en (9) Ndebele-volke.

Ten spyte van die eenheid gesuggereer deur linguistieke ooreenkomste, toon hierdie etniese groepe uiteenlopende kulturele kenmerke. Ongelukkig het Westerse invloed - wat, ironies genoeg, instrumenteel was in die ontwikkeling van etniese identiteit oor verskeie eeue - egter sy tol geëis: Die ou, tradisionele gebruike word vandag selde gesien, behalwe in die mees afgeleë dele van die land en by seremoniële geleenthede.

Die Zoeloe Die Xhoza Die Swazi Die Ndebele Die Suid-Sotho Die Tswana Die Noord-Sotho Die Sjangaan Die Tsonga Die Venda Die Lemba