Astute-klas duikboot
Subklas van | kern-aangedrewe aanvalduikboot, fleet submarine |
---|---|
Kort naam | Astute |
Vernoem na | HMS Astute |
Voorafgegaan deur | Trafalgar-klas duikboot |
Land van oorsprong | Verenigde Koninkryk |
Operateur | Britse Vloot |
Vervaardiger | BAE Systems Submarines |
Ingebruikneming | 2010 |
Die Astute-klasduikboot is die nuutste kernaangedrewe klas duikbote van die Britse Vloot. Dié klas is ontwerp om die Swiftsure-klas te vervang. 'n Begroting van £6 miljoen is in 1991 goedgekeur en 'n tender is uitgereik vir die bou van drie duikbote. Na ses jaar is die kontrak aan GEC-Marconi (tans BAE Systems) toegeken as primêre kontrakteur vir drie duikbote met die opsie vir nog twee.
HMS Astute, die eerste boot, se kiel is in Januarie 2000 gelê, toevallig met die honderdste verjaarsdag van die Britse duikbootvloot. Die klas is ontwerp om 'n multirol te speel, wat strek vanaf tradisionele duikbootdiens tot ondersteuning tydens anti-terrorisme optredes.
Hierdie klas is die grootste van alle Britse duikbote, toegerus met ses torpedobuise en Tomahawk landaanvalsmissiele. HMS Astute is te water gelaat in 2007 en in diens gestel in 2010. Twee ander duikbote is ook afgelewer: HMS Ambush en HMS Artful. Die bestelling het gegroei tot sewe duikbote.
Programkoste
[wysig | wysig bron]Verwagte koste tydens magtiging | Huidige beraming ter voltooiing | Verandering | |
---|---|---|---|
Bote 1–3 | £2.233 miljard | £3.536 miljard | |
Boot 4 | £1.279 miljard | £1.492 miljard | |
Boot 5 | £1.464 miljard | £1.420 miljard | |
Boot 6 | £1.579 miljard | £1.533 miljard | |
Boot 7 | £1.642 miljard | £1.640 miljard |
Duikbote in die klas
[wysig | wysig bron]Al die bote hieronder is deur BAE Systems Maritime – Submarines, te Barrow-in-Furness, gebou.
Naam | Wimpelnommer | Kiel gelê | Te water gelaat | In diens gestel | Status |
---|---|---|---|---|---|
HMS Astute | S119 | 31 Januarie 2001 | 8 Junie 2007[2] | 27 Augustus 2010[3] | In diens |
HMS Ambush | S120 | 22 Oktober 2003 | 6 Januarie 2011[4] | 1 Maart 2013[5] | In diens |
HMS Artful | S121 | 11 Maart 2005 | 17 Mei 2014[6] | 18 Maart 2016 [7] | In diens |
HMS Audacious | S122 | 24 Maart 2009 | 28 April 2017[8] | 3 April 2020[9] | Seeproewe[10] |
HMS Anson | S123 | 13 Oktober 2011 | 20 April 2021 | Beplan 2021[10] | Toetsing en uitrusting |
HMS Agamemnon | S124 | 18 Julie 2013 | Beplan 2022[10] | Onder konstruksie[11] | |
HMS Agincourt [12] | S125 | Mei 2018 | Beplan 2026[10] | Onder konstruksie |
Tegniese besonderhede
[wysig | wysig bron]Item | Statistiek |
---|---|
Verplasing (oppervlak) | 6 200 metrieke ton |
Verplasing (onderwater) | 6 692 metrieke ton |
Lengte | 91,7 m |
Breedte | 10,8 m |
Aandrywing | Rolls-Royce PWR-2 reaktor |
Spoed (oppervlak) | Onbekend |
Spoed (onderwater) | 32 knope |
Bemanning | 100 persone |
Bewapening | 6 torpedobuise vir Spearfish-torpedos Sub-Harpoon anti-skeepsmissiele |
Bron
[wysig | wysig bron]- The Illustrated Encyclopedia Of Destroyers Frigates & Submarines, Bernard Ireland en John Parker, 2015, ISBN 978-0-85723-601-2
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ National Audit Office: Major Projects Report 2015 (PDF). United Kingdom: National Audit Office. 20 Oktober 2015. p. 42. Besoek op 27 Julie 2016.
- ↑ "New UK nuclear submarine launched" (in Engels). BBC. 8 Junie 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 April 2019. Besoek op 8 Junie 2007.
- ↑ "Royal Navy's Most Powerful Submarine Gets Royal Approval" (in Engels). Ministry of Defence. 27 Augustus 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 September 2010.
- ↑ "HMS Ambush". royalnavy.mod.uk (in Engels). Royal Navy. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 27 Julie 2016.
- ↑ "HMS Ambush Officially Welcomed Into The Royal Navy" (in Engels). Royal Navy. 1 Maart 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 April 2014. Besoek op 7 Maart 2013.
- ↑ "Home - BAE Systems - International" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 September 2015. Besoek op 25 Julie 2016.
- ↑ "HMS Artful becomes a commissioned warship" (in Engels). Royal Navy. 18 Maart 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 18 Maart 2016.
- ↑ "Fourth Astute Boat Leaves DDH". North West Evening Mail. 27 April 2017. Besoek op 27 April 2017.
- ↑ "Ministry of Defence Astute Class Submarines". parliament.uk (in Engels). UK Hansard. 29 April 2020. Besoek op 11 Mei 2020.
HMS AUDACIOUS was commissioned into the Royal Navy on 3 April 2020
- ↑ 10,0 10,1 10,2 10,3 "House of Commons Written Answers c45W" (in Engels). VK Parlement. 3 September 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Januarie 2020. Besoek op 13 Julie 2013.
- ↑ "Sixth Astute Class submarine keel laid - News stories - GOV.UK" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Julie 2019. Besoek op 25 Julie 2016.
- ↑ "Royal Navy nuclear submarines to get £2.5bn boost". BBC News (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Desember 2019. Besoek op 14 Mei 2018.