[go: nahoru, domu]

Gaan na inhoud

Die Leonardo (Sandton)

Koördinate: 26°06′15″S 28°03′20″O / 26.10417°S 28.05556°O / -26.10417; 28.05556
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die Leonardo

Uitsig vanaf die hoek van Maude- en Weststraat, Sandton, Johannesburg
Inligting
Naam Die Leonardo
Dorp/Stad Sandton, Johannesburg
Land Suid-Afrika
Argitek Co-Arc International Architects
Voltooidatum 2019
Koste R2 miljard

Die Leonardo is 'n hoë toringgebou vir gemengde gebruik met 55 verdiepings in Sandton, Suid-Afrika. Dit is in April 2019 voltooi en is amptelik die hoogste gebou in Afrika, met 'n hoogte van 234 meter.[1] Die wolkekrabber is by Maudestraat 75 geleë, ongeveer 100 meter van die Johannesburgse Effektebeurs.

Die toringgebou is oorspronklik met 'n hoogte van 238 meter beplan, die hoogste gebou in Afrika.[2][3]

Die dakwoonstel met drie verdiepings en 'n oppervlakte van 2 100 vierkante meter is vir R180 miljoen op die eiendomsmark aangebied. Indien dit verkoop word, sal dit die duurste deeltiteleiendom ooit in Suid-Afrika word.[4] Die hele struktuur sou na raming R2 miljard kos en uit 200 woonstelle en 11 vloere van kommersiële kantore bestaan.[5][6]

Die ontwikkeling sluit winkels op straatvlak in asook 'n bogrondse podium waar 'n swembad, restaurant en 'n paar ander geriewe geleë is.[7] Die toringgedeelte van die gebou het op hierdie podium met vier verdiepings ontstaan.

Die ontwerp het aansienlik verander sedert dit bekend gemaak is, en was oorspronklik geskeduleer om deur die AMA argitekfirma ontwerp te word, en moes teen 2010 voltooi wees.[8][9]

Konstruksie van die Leonardo het op 17 November 2015 begin.[10] Teen die einde van April 2018, was die Leonardo die hoogste gebou in Sandton, hoër as die Sandton City-kantoortoring, wat 141 m hoog is. Die Leonardo is in April 2019 voltooi, en dit is nou amptelik die hoogste gebou in Afrika. Die "Iconic Tower" in aanbou in die New Administrative Capital van Egipte het reeds 'n hoër hoogte bereik (250 m in Oktober 2020), maar word nie in berekening gebring totdat die gebou voltooi is nie.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Legacy Living | Legacy Property for Rent or Sale". www.legacyliving.co.za. Besoek op 14 Augustus 2018.
  2. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 November 2015. Besoek op 31 Oktober 2018.
  3. "Legacy to develop Leonardo in Sandton". Business Day Live. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2018. Besoek op 18 November 2015.
  4. http://www.financialmail.co.za/fmfox/2015/01/29/apartments-sas-first-r180m-flat
  5. "APARTMENTS: SA's first R180m flat". Financial Mail. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2018. Besoek op 18 November 2015.
  6. "Legacy Living | Legacy Property for Rent or Sale". www.legacyliving.co.za. Besoek op 18 November 2015.
  7. "Legacy plans major Sandton development - Hotel Investment Conference Africa". Hotel Investment Conference Africa (in Engels (VSA)). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Mei 2017. Besoek op 18 November 2015.
  8. http://www.theleonardo.co.za/
  9. "75 Maude". lpms.co.za (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 18 November 2015.
  10. "The Leonardo - The Skyscraper Center". skyscrapercenter.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 November 2019. Besoek op 21 November 2015.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

26°06′15″S 28°03′20″O / 26.10417°S 28.05556°O / -26.10417; 28.05556